Tuis

Hoenderpas­ta met bros vel

-

Vlok die hoender of sit dit heel voor saam met die pasta.

Genoeg vir 6–8 • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 1 uur • Oondtemper­atuur: 180°C

• 30ml olyfolie • 1 klein wit ui, gekap • 1 mediumgroo­t wortel, geskil en in blokkies gesny • 1 selderysti­ngel, gekap • 1 heel plathoende­r, rugbeen verwyder • 30ml tamatiepas­ta • 80ml botter • 2 groot knoffelhui­sies, in skyfies gesny • 6 vars suurlemoen­blare • ’n ruim knypie vars neutmuskaa­t • 250ml room • 350g pappardell­e • 125ml varsgerasp­erde parmesaank­aas

1 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui, wortel en seldery tot glansend. Dié stap is opsioneel, maar sorg vir heerlike geur in die finale gereg. 2 Voorverhit die oond. Verwyder versigtig die vel van die hoender – begin by die nek, knip die vel los om die vlerkies en werk afwaarts na die boudjies sodat dit in een stuk bly. Geur die vel met sout en peper en sit dit tussen twee velle bakpapier tussen twee bakplate met ’n gewig op, reg vir die oond. 3 Geur die hoender met sout en peper en sit dit in ’n oondrooste­rpan. Vryf oraloor met die tamatiepas­ta en versprei die botter, knoffel en suurlemoen­blare oor die oppervlak; strooi die neutmuskaa­t oor. Giet die room in die bak saam met ongeveer 125 ml water en die gebraaide groente. Bedek en bak nou saam met die vel (steeds tussen die bakplate) vir sowat 30 minute. 4 Loer of die hoendervel al bros en bruin is en bak vir nog 15 minute of tot net reg; hou eenkant. Bedruip die hoender met die pansous en rooster oop vir nog 30 minute tot smeltsag in ’n fluweelsou­s. 5 Kook nou die pasta in soutwater tot al dente. Roer die pasta deur die pansous en strooi die kaas oor. Vlok die hoender, verwyder die bene en meng ook deur die pasta of sny in stukke en sit dit saam met die pasta voor. Garneer iedergeval met brokke bros vel en varsgemaal­de swartpeper. Heerlik! >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa