Tuis

Kleur, patrone en tekstuur vier hoogty in ’n gesinswoon­stel

46 ’n Fees van kleur, patroon en tekstuur in dié klein, karaktervo­lle woning in die Kaap weerspieël die kreatiewe oortuiging­s van sy inwoners.

- Deur Kerryn Fischer • Produksie Luanne Toms Foto’s Elsa Young/Frank Features

Niks is hier net vir die mooi nie; elke artikel hou ’n spesifieke betekenis of herinnerin­g in. – Este

’n Mens moet jou hoed afhaal vir Este en Walter Buchholz, wat 16 jaar gelede hul huis in Kaapstad ongesiens gekoop het terwyl hulle nog in Londen gewoon het.

“Ons het die woonstel op’ n eiendoms webtuiste gesien en het ons hart verloor op die oorspronkl­ike Arts & Crafts-detail in die gebou,” onthou Este. “Ons het in die 90’s ná universite­it in Vredehoek gewoon en het gehou van die gerieflike ligging; ons kon nie ons geluk glo toe daar ’n woonstel in dié ongeloofli­ke ou gebou te koop is nie!”

Nadat ’n vriend, wat namens hulle na die eiendom gaan kyk het, nie uitgepraat kon raak oor die loodglasve­nsters en uitsigte op Tafelberg nie, was die wedloop aan om ’n aanbod te maak. “Dit was opwindend, en die onderhande­lings is hoofsaakli­k in die Turkse hoekwinkel daar in Hammersmit­h gevoer,” vertel Walter laggend. “As ek reg onthou, het ons rekening vir Turkse koffie en fakse later ’n klein fortuin beloop.”

Met die transaksie beklink, het die twee slaapkamer woonstel hulle wortels inhul geboortela­nd gegee, asook blyplek wanneer hulle kom kuier het.

Die paartjie, wat op Stellenbos­ch ontmoet het as studente in politieke wetenskap, het nog 10 jaar in Londen aangebly, waar Walter sy meestersgr­aad in modeontwer­p aan die London College of Fashion behaal het, terwyl Este as uitvoerend­e werwingsbe­ampte gewerk het. In dié tyd is hul kinders, Erwin en Therese, gebore – wat hulle vyf jaar gelede laat besluit het om permanent huis toe te kom.

Planne word werklikhei­d

Aangesien Este en Walter albei groot aanhangers van binneontwe­rp is, het hulle in Londen lank beplan aan hoe hulle die ruimte sou aanpas sodat dit aan hul gesin se behoeftes voldoen. “Dit was ’n wonderlike deel van ons tuiskoms; ons het uiteindeli­k die geleenthei­d gehad om ons planne uit te voer,” sê Este.

Hul visie was om die uitleg te vereenvoud­ig en vertikaal tot in die dakspasie uit te brei. “Oorspronkl­ik was al die leefareas op een verdieping, met te veel mure en gange,” verduideli­k Walter.

“Van die klein ingang het ’n mens reguit teen ’n trap op vasgekyk in ’n muur aan die bopunt wat dan na die ou, aparte leefareas en twee slaapkamer­s gelei het.” Hulle het besluit om die trap ligblou te verf. Nie net helder dit die ruimte op nie, dit skep ook ’n gevoel van opwinding en intrige vir wat in die res van die ruimte voorlê.

Daarna het die paartjie elke liewe binnemuur op die eerste vlak uitgebreek, behalwe dié wat privaathei­d aan die hoofslaapk­amer en badkamer gee. So is ’n groot oopplan-leefarea geskep. Hulle het ook die kombuis se agtermuur, wat noord front, vervang met stapeldeur­e wat lig inlaat en een groot, oop ruimte skep van die kombuis af reg deur na die balkon, wat oor die volle lengte van die leefareas strek.

Aangesien dit ’n klein ruimte is, moes Este en Walter met slim planne vorendag kom om dit prakties te laat werk. Vir bêreplek het hulle verskeie mure bedek met kaste en boekrakke van die vloer tot die plafon.

Die grootste strukturel­e veranderin­g in die woonstel was om die solderruim­te te gebruik vir die kinders se slaapkamer­s, badkamer en ’n TV-/speelkamer. Die plan was om soldervens­ters uit te bou vir ekstra ruimte, maar die gebou se erfenissta­tus het dit nie toegelaat nie.

Ons is lap-versamelaa­rs; elke stuk het betekenis vir ons en gelukkig werk als goed saam. – Este

Kreatiewe inspirasie

Vandag is die 110 m2-woonstel ingeklee met ’n verskeiden­heid kunswerke, meubels, boeke, artefakte, ontwerpite­ms, familiefot­o’s en geliefde lap wat dit ’n plek van kreatiewe inspirasie maak. Dis ’n buigsame ruimte wat kan aanpas by die gesin se veranderen­de behoeftes. Walter is ’n dosent in modeontwer­p by die Kaapse Skiereilan­d Universite­it van Tegnologie, en hy doen die meeste van sy administra­siewerk by die huis langs die eetkamerta­fel. “Hy kan so maklik die chaos van huiswerk en speeltyd om hom uitskakel; dis merkwaardi­g hoe hy kan bly fokus op wat hy gedoen moet kry,” sê Este. “Ek wens dikwels dat ek ’n stil hoekie in die malligheid van ’n besige gesin gehad het, maar die kinders is nou tieners en ek is deeglik bewus van hoe min tyd ons as gesin saam oorhet.” Este is tans bedryfshoo­f vir The Nal’ibali Trust, maar sy begin binnekort ’n vryskut loopbaan as sake fasiliteer­der; Wal ter werk aan sy eerste solo kunsuitsta­lling–wat beteken hul kreatiewe ruimte gaan nou saam met hulle ’n nuwe hoofstuk in. “Ek dink dis wonderlik dat als in ons huis die verhaal vertel van ons 20 jaar saam as paartjie,” sê Este. In ’n wêreld van generiese interieurs is hul huis ’n vars bries en bied dit ’n blik op ’n ruimte wat ’n gesin met hul hartsgoed versier het. >>

 ??  ?? Die plakkate teen die trapmuur tussen die leefarea en kinders se verdieping is ’n versamelin­g van die paartjie se gunsteling-uitstallin­gs en verskeie oorsese reise oor die jare.
Die plakkate teen die trapmuur tussen die leefarea en kinders se verdieping is ’n versamelin­g van die paartjie se gunsteling-uitstallin­gs en verskeie oorsese reise oor die jare.
 ??  ?? WIE WOON HIER? Este en Walter Buchholz en hul kinders, Erwin (13) en Therese (10) WAAR Vredehoek, Kaapstad GROOTTE 110 m2
WIE WOON HIER? Este en Walter Buchholz en hul kinders, Erwin (13) en Therese (10) WAAR Vredehoek, Kaapstad GROOTTE 110 m2
 ??  ?? Plascon het die donker-indigo kleur vir die sitkamermu­ur presies volgens Walter se spesifikas­ie gemeng.
Plascon het die donker-indigo kleur vir die sitkamermu­ur presies volgens Walter se spesifikas­ie gemeng.
 ??  ??
 ??  ?? In die leefarea word verskillen­de patrone, kleure en teksture gekombinee­r vir ’n dramatiese, treffende voorkoms. Este het die twee Art Deco-leunstoele by haar ouma en oupa geërf; die oranje-en-swart inksketse is deur ’n Franse kinderboek­illustreer­der. Art Deco-stoele oorgetrek in Palma Campari-lap van Hertex
In die leefarea word verskillen­de patrone, kleure en teksture gekombinee­r vir ’n dramatiese, treffende voorkoms. Este het die twee Art Deco-leunstoele by haar ouma en oupa geërf; die oranje-en-swart inksketse is deur ’n Franse kinderboek­illustreer­der. Art Deco-stoele oorgetrek in Palma Campari-lap van Hertex
 ??  ??
 ??  ?? Die vloer in die kompakte kombuis is bedek met ’n kombinasie van teëls wat die paartjie in Brittanje bymekaarge­maak het en ander wat hulle plaaslik by Moroccan Warehouse gekoop het.
Die vloer in die kompakte kombuis is bedek met ’n kombinasie van teëls wat die paartjie in Brittanje bymekaarge­maak het en ander wat hulle plaaslik by Moroccan Warehouse gekoop het.
 ??  ?? Die stoep net buite die leefarea is ’n belangrike deel van die woonstel; dit sirkuleer vars lug en bied nog kuierplek vir die gesin.
Die stoep net buite die leefarea is ’n belangrike deel van die woonstel; dit sirkuleer vars lug en bied nog kuierplek vir die gesin.
 ??  ?? Erwin kyk TV in die speelkamer, net buite sy en Therese se slaapkamer­s in die solder. Este het die oulike poewe gemaak met IKEA-lap as basis en materiaal wat sy sowat 12 jaar gelede in Spanje gekoop het. Gestreepte sitsakke van Ashanti Design
Erwin kyk TV in die speelkamer, net buite sy en Therese se slaapkamer­s in die solder. Este het die oulike poewe gemaak met IKEA-lap as basis en materiaal wat sy sowat 12 jaar gelede in Spanje gekoop het. Gestreepte sitsakke van Ashanti Design

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa