Tuis

Plant van die maand Grasklokki­es

Plant siergraskl­okkies en kyk hoe dans hulle in die wind!

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Jeandri Streicher

Op die bopunt van lang, dun stele wat laag afbuig, blom die delikate siergraskl­okkie (Dierama pendulum) in die lente en die vroeë somer.

Dié inheemse meerjarige spog met perspienk klokvormig­e blomme van sowat 50 mm lank. Dit vertoon mooi in ’n gemengde bedding en saam met ornamentel­e grasse – sy dun, lintvormig­e blare skakel pragtig in by dié van grasse. Of plant dit in ’n gruistuin waar die grasagtige polle en sierlike blomme beslis die oog sal vang. Dit hou van ’n plek met genoeg lugbewegin­g en vra net die ligste briesie om te begin dans.

Siergraskl­okkies hou van volson en komposryke, effens suur grond. Hulle groei ewe goed in goed gedreineer­de leemgrond as in klammer omstandigh­ede, solank die groeiplek nie deurnat word in die winter nie. Dit kan ook ’n mate van ryp verduur.

Hoewel die plant immergroen is, is dit rustend van die herfs tot aan die einde van die winter. Maak seker dat dit in dié tyd steeds genoeg son en lig kry as jy wil hê dit moet die volgende seisoen mooi blom. Hou dit goed nat in die somer; in die winter kan dit droër toestande oorleef. En al is die plant rustend in die winter, moet die knolle nie soos baie ander bolle uitgehaal en gebêre word nie – dit sal uitdroog en uiteindeli­k doodgaan. Los dit in die grond.

Met verloop van tyd vorm die plant ’n digte pol wat nie onnodig versteur moet word nie. Dit kan tot vyf jaar of selfs langer net so gelos word. Verdeel dit net as dit regtig nodig is, soos wanneer jy oplet dit begin minder blom. Doen dit in die lente of ná blomtyd. Moet ook nie die groen blare terugsny nie, want dit sal die plant se groei en blomvermoë aansienlik vertraag. Lelike en ou, bruin blare kan versigtig afgetrek word.

Vermeerder siergraskl­okkies deur in die lente saad te saai of ouer polle te verdeel. Wees net versigtig dat jy nie die wortels beskadig nie. Plant die verdeelde polle onmiddelli­k – hulle moet glad nie uitdroog nie – en hou goed nat.

Dit duur lank voordat plante wat van saad gekweek word, begin blom. Jy sal ook tot twee jaar moet wag voordat verdeelde polle weer blomme dra. As jy molle in jou tuin het, plant die polle in stewige draadmandj­ies wat jy in die grond versink.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa