Tuis

’n Kompakte, slim ontwerpte binnehoftu­in in die Moederstad

’n Binnehof in die Moederstad wys hoe tuine van die toekoms dalk kan lyk: klein, maar goed deurdink.

- Deur Elna van der Merwe • Foto’s Francois Oberholste­r

Toe die droogte Kaapstad in 2017 regtig begin knel, het hy iets op Facebook gesê wat mense sommer baie vies gemaak het, vertel Louis Heyneman, uitvoerend­e hoof van die Kaapstadse Filharmoni­ese Orkes.

“Ek het geskryf miskien moet die bouregulas­ies so aangepas word dat dit almal verplig om water en elektrisit­eit te bespaar. Mense het gesê hoe durf ek voorstel dat strafmaatr­eëls ingestel word teen mense wat nie aan sulke regulasies gehoor gee nie. Boonop sou dit boukoste net nog meer opstoot.”

Maar later, toe die droogte vererger, het mense begin besef iets sal moet verander.

“As die Kaap nie genoeg water vir sy inwoners het nie, móét ons anders dink oor ons tuine; móét ons ekovriende­lik begin leef,” sê Louis. “En dis nie net hier nie; dis wêreldwyd mense se voorland.”

Louis is in die gelukkige posisie dat die huis wat hy tien jaar gelede gekoop het, toe al ontwerp is om ’n ligte voetspoor op die aarde te laat. “In die kelderverd­ieping is groot tenks wat al die reënwater opvang. Dit word na die waskamer, storte en tuin gepomp,” verduideli­k hy.

Dit is nie ’n verrassing dat sy tuin klein is en met waterslim spesies beplant is nie. “Ek is nie ten gunste van groot tuine wat water opslurp nie. ’n Klein tuintjie wat na homself kan kyk, is baie belangrik.”

Hy noem sy tuin “eintlik ’n groen binnehof”, nie ’n gesnoeide, gemanikuur­de tuin nie.

“Ek dink dis hoe die tuin van die toekoms gaan lyk: van hoë gehalte, klein en kompak en weg uit die wind.”

’n Vriend van Louis, Etienne Koekemoer, en die landskapon­twerper Kobus Meiring het so vier jaar gelede sy ekovriende­like tuin help beplan. Sedertdien is daar nie veel werk nie, behalwe snoei, voed en nat hou. “Maar ek moes ook maar baie eksperimen­teer. Die plaveisel wat die plek van die grasperk ingeneem het, het baie warm gebak in die son en alles wat in die openinge tussenin geplant is, het gevrek. Ek het uiteindeli­k nou baie sukses met magrietgra­s, wat sterk groei en ’n baie natuurlike voorkoms help skep.” Vandag is dit ’n beskutte klein oase in ’n stadsbuurt wat berug is vir die suidooster.

 ??  ?? WIE WOON HIER? Louis Heyneman WAAR Vredehoek, Kaapstad GROOTTE VAN TUIN 150 m² GRONDTIPE Sanderig
WIE WOON HIER? Louis Heyneman WAAR Vredehoek, Kaapstad GROOTTE VAN TUIN 150 m² GRONDTIPE Sanderig
 ??  ?? Louis Heyneman
Louis Heyneman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa