Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap

Vier maklike gunsteling­e vir ’n weeksaand.

- Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r

Hoender-en-gortslaai met pesto

Onder R100 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 15 minute Gaarmaakty­d: 5 minute

• 300ml gaar gort • 250ml gaar wit/botterbone • 45ml basiliepes­to • 200g groenbone, gestoom

• 125ml ertjies, gestoom • 350g mini-hoenderfil­ette • 15ml olyfolie • gemengde blaarslaai

1 Meng die gort, wit bone, pesto, groenbone en ertjies, en hou eenkant.

2 Meng die olyfolie deur die hoender, geur met sout en peper en braai tot goudbruin en gaar in ’n pan oor hoë hitte.

3 Om voor te sit, meng die hoender warm deur die gort en skep op ’n mooi bord. Strooi ’n hand vol blaarslaai oor, met ’n skeutjie ekstra olyfolie na smaak.

Wenk Vervang gerus die gort met ’n mengsel van koeskoes en kekerertji­es.

Tamatiesop met olyfolie

Onder R65 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 35 minute Gaarmaakty­d: 30 minute

• 15ml olie • 1 ui, gekap • 1 wortel, gerasper • 2 selderysti­ngels, gekap • 3ml fyn komyn • 500g kersietama­ties • 1,25 liter hoenderaft­reksel

• 1 blik gekapte tamatie met knoffel en basilie • 15 ml balsemieka­syn • goeie ekstrasuiw­er olyfolie vir garnering • vars basiliebla­re • vars of roosterbro­od

1 Verhit die olie en braai die ui, wortel en seldery tot die groente geurig is en begin kleur kry (minstens 5 minute). Roer die komyn en kersietama­ties by en braai vir nog sowat 5 minute tot die tamaties begin bars. Voeg nou die aftreksel en geblikte tamaties by, geur met sout en peper en laat prut vir sowat 20 minute.

2 Roer die asyn by en sit stomend warm voor met ’n sprinkel olyfolie, ’n strooisel vars basilie en lekker vars of skyfies geroosterd­e brood. Voeg gerus knoffel by vir ekstra woema.

Maalvleis-roulade

Onder R120 • Genoeg vir 6 • Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 35 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

• 100ml botter • 125ml koekmeel • 500ml melk • ’n bossie sprietuie, gekap • 4 ekstragroo­t eiers, geskei • 30ml olyfolie

• 350g maalvleis • 1 knoffelhui­sie, gekap • 250g sampioene, gekap • 30ml teriyakiso­us • ’n bossie vars koljander

1 Voorverhit die oond. Voer ’n klein bakplaat (35 x 25 cm) uit met bakpapier en spuit met kleefweren­de kossproei. Smelt die botter in ’n kastrol en klits die meel by tot goed gemeng. Klits ook die melk by en roer oor matige hitte totdat die sous verdik. Geur goed met sout en peper en laat effens afkoel.

2 Roer die sprietuie en die eiergele by die sous. Klits die eierwitte tot styf en vou dit met ’n metaallepe­l by die eiergeelme­ngsel in. Skep die beslag in die bakplaat, maak gelyk en bak vir 25 minute tot ligbruin en gaar. Keer uit op ’n draadrakki­e, laat effens afkoel en trek die papier af.

3 Vir die vulsel, verhit die olie in ’n pan en braai die maalvleis, knoffel en sampioene saam tot geurig en gaar. Geur nou met die teriyakiso­us, sout en peper na smaak, en laat effens afkoel.

4 Om saam te stel, versprei die maalvleisv­ulsel oor die roulade en rol op soos ’n rolkoek. Sny in skywe en sit voor met ’n strooisel vars koljander.

Bros hoenderlew­erhappies

Onder R95 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: 20 minute

• 350g hoenderlew­ertjies, skoongemaa­k • 125ml melk • 60ml meel • 1 eier, geklits • 250ml Pankobrood­krummels

• 30 ml olie • 1 rooi ui, gesny • sowat 30 ml srirachaso­us • blomkool- of aartappelk­apok om voor te sit

1 Sny die lewertjies in happiegroo­t stukke en week in die melk vir sowat 30 minute. Dreineer, geur met sout en peper en rol in die meel. Doop die lewer volgende in die eier en dan in die krummels.

2 Verhit die olie en braai die uie tot glansend. Skep uit, maar behou die olie in die pan en braai die gekrummeld­e happies in sarsies tot goudbruin, maar steeds effens blosend binne. Toets ’n happie as jy onseker is. Sodra al die happies bros is, roer die uie terug by die pan en voeg die srirachaso­us by. Meng deur om ’n taai sous te maak. Skep die uie op die lewerhappi­es en sit voor met die kapok van jou keuse en gestoomde groen groente.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa