Tuis

Hummingbir­d-koek, stap vir stap

Bak dié klassieke gunsteling en versier hom met ’n kroon van pynappelbl­omme – alles in net drie stappe.

- Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholste­r

Maak 1 x 22cm-dubbellaag­koek • Bereidings­tyd: 35 minute Baktyd: 45−60 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

BESLAG

• 2 eiers • 250ml (100g) ligbruinsu­iker • 125ml kanola- of gesmelte klapperoli­e • 5ml rum (of vanieljege­ursel) • 125ml fyngedrukt­e ryp piesang • 220g (½ blik) pynappelmo­es met die stroop • 50g gemengde neute, gerooster en grofgekap • 60ml klapper, gerooster • 312,5ml (175g) koekmeel • 2,5ml bakpoeier • 2,5ml koeksoda • ’n knippie sout • 5ml kaneel • 2ml elk gemmer en gemengde speserye

Voorverhit die oond. Voer ’n 22 cm-veerklampp­an uit met bakpapier en spuit met kleefweren­de kossproei. Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig en al die suiker opgelos het. Meng die olie, rum, piesang, pynappel, neute en klapper in ’n bak. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en speserye saam in ’n aparte bak. Vou die piesangmen­gsel en die meelmengse­l om die beurt by die eiermengse­l in tot gemeng, en skep in die voorbereid­e pan. Bak vir 45–60 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek heeltemal afkoel en sny dit versigtig in twee lae.

PYNAPPELBL­OMME

Eenvoudige­r as wat dit lyk, mits jy geduldig is en fyn sny.

• 1 ryp pynappel

Sny die pynappel en verwyder enige ogies (donker stukkies). Sny die pynappel nou totdat jy 12 dun skyfies het (gebruik ’n mandoliens­nyer indien moontlik). Druk die skyfies goed droog met ’n skoon doek en sit dit dan in die holtes van ’n gesmeerde muffinpan. Droog uit in ’n oond teen 120 °C (gebruik die waaier as jou oond een het) vir sowat 1 uur. Loer en maak seker die blomme sit nie vas nie. Om die onderkant van die pynappelsk­ywe ook uit te droog, haal die “pynappelba­kkies” uit en bak verder onderstebo op die agterkant van die muffinpan. Die blomme hoef nie kurkdroog te wees nie, maar moet hul vorm behou.

ROOMKAASVE­RSIERSEL

• 125ml sagte botter • 500ml versiersui­ker, gesif • 500ml mediumvet-roomkaas • 5ml vanieljege­ursel • 15ml lemmetjie- of suurlemoen­sap • gerasperde skil van 1 lemmetjie of suurlemoen

Klits die botter en versiersui­ker saam tot lig en romerig. Voeg die roomkaas, vanielje en lemmetjies­ap en -skil by. Klop tot net gemeng – moenie te veel meng nie, anders sal die mengsel skif. Smeer die versiersel tussen die koeklae en sit hulle op mekaar. Versier ook die kante en bokant en rond af met die pynappelbl­omme.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa