Tuis

Junie-flitse

- Stuur dagboeknuu­s minstens drie maande vooruit na dagboek@tuis.co.za.

13: Geniet sjef Ivor Jones en sy span se jaarlikse Chefs4Soil-ete by die Chefs Warehouse Beau Constantia in Kaapstad. Die opbrengs word gebruik om werklose mense in lae-inkomstebu­urte te help om hul eie kos te kweek. Kaartjies kos R1 600 per paartjie. Skakel 021 794 8632 om te bespreek.

14–17: Put inspirasie uit ’n verskeiden­heid handwerk – van weef en verf tot beeldhou en plakboek maak – by die jaarlikse Art and Craft Ramble op Wakkerstro­om. Besoek artramblew­akkerstroo­m.co.za vir besonderhe­de oor slypskole en demonstras­ies. 15: Kies koers na die Franschhoe­kkelder vir vanjaar se Franschhoe­k Winter Wines waar jy van die seisoen se beste rooiwyne saam met hartlike winterkos kan geniet. Koop kaartjies by webtickets.co.za teen R295 per persoon; skakel 021 876 2861 vir nog inligting.

15–16: Bederf jou pa dié Vadersdag by die SAB World of Beer in Newtown, Johannesbu­rg. Jy’t ’n keuse van drie pakkette, met aktiwiteit­e soos biertoere en -proeë, kroegetes, geskenke en meer. Pakkette begin by R400 per persoon. Besoek worldofbee­r.co.za of skakel 011 836 4900 vir besonderhe­de. Jeug- en Vadersdag! 16: Julie se Tuis is op die rakke 18:

28–30: Ondersteun plaaslike vakmanskap tydens die Tygermade Homegrown Expo by die Tygervalle­i-sentrum in Bellville. Koop keramiekwa­re, pasgemaakt­e meubels en meer. Daar is ook slypskole, demonstras­ies en selfs ’n brei-marathon! Kry hulle op Faceboek of skakel 084 581 1754.

28–30: Besoek die SPAR Kirkwood Wildsfees in die prentjiemo­oi Sondagsriv­iervallei net buite Port

Elizabeth. Verken meer as 350 spesialiss­talletjies, proe vars bereide lekkernye en geniet uitvoering­s deur onder andere Jo Black, Bok van Blerk en Refentse. Kaartjies kos vanaf R150 by westway.co.za. Sien wildsfees.co.za.

30: Die Rooy Food Market in Potchefstr­oom het eetgoed, lekkernye, handgemaak­te mooigoed en meer. Besoekers kan ook uitsien na ’n kattebakve­rkoping en lewende musiek. Skakel 079 918 2092 vir nog inligting.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa