Tuis

#1 In styl

-

WAAR Lynnwood, Pretoria ORIËNTASIE Noord Rouxléne Merbold se buurvrou – iemand wat sy as uiters gesofistik­eerd beskou – het ’n ruk gelede by haar kom kuier, en dié het genoem dat sy nie juis Rouxléne se styl kon peil nie. Jy sou dink dat Rouxléne sou aanstoot neem, maar nee: Sy glimlag net wanneer sy dié storie vertel, want sy erken self sy het niks regtig beplan nie; alles het net oor die jare só vorm aangeneem.

“Ek het die Art Deco-leunstoele aanlyn vir ’n appel en ’n ei gekry en dit laat herstoffee­r,” sê sy. “En die leerbank van Incanda het eers onlangs bygekom. Ek sou seker my styl as moderne Art Deco kon beskryf, maar my dekor bestaan uit ’n moderne koffietafe­l, ’n geblomde vintage-kelim en ’n Ngunivel-ottoman – dinge wat hemelsbree­d verskil, maar hulle ‘gesels’ met mekaar!”

Toe die Merbolds hul huis uit die sestigerja­re in 2010 opgeknap het, is die meeste van die binneruimt­es vergroot deur mure uit te breek. Die leefvertre­k skakel nou in ’n oopplan-ontwerp met die eetkamer en kombuis.

“Ons het die matte opgelig en was aangenaam verras om regte eikehoutbl­okkies daaronder te ontdek – dis nie iets wat jy elke dag sien nie! Ons het dit laat skuur en herstel,” sê Rouxléne.

Dit werk, want ...

Die leefruimte weerspieël Rouxléne se liefde vir ou en nuwe style, asook haar speelse, soms aweregse smaak. “Net nou die dag het ek gedink aan wat ek sou laat gaan wanneer ek die dag afskaal en aftree, en ek het besef omtrent al my ‘goeters’ in die sitkamer sal moet saamgaan!” sê sy laggend.

Buiten interessan­te dekor is die groot pluspunt in die leefvertre­k sy ruim grootte en die vloei tussen die onderskeie areas. “Omdat ons soveel ruimte het, kan ek maklik meubels rondskuif om die voorkoms af te wissel soos wat die seisoene verander. In die winter kuier ons om die kaggel, en in die somer leef ons buitentoe en maak ons meer van die aangrensen­de stoepe gebruik. “Vandat ons ons DStv-subskripsi­e ’n paar jaar gelede gestaak het, het die TV-kamer ’n wit olifant geword. Nou bring ons al ons tyd in die sitkamer deur; soms speel ons bordspelet­jies met ons seun Günther, maar meestal lê ons net op die rusbank en lees!”

 ??  ?? Die oorspronkl­ike leiklipmuu­r is behou omdat die Merbolds gehou het van die 60’s-flair wat dit verleen. Die groen staalkas is by ’n skuurveili­ng gekoop en Werner het die kanttafel tussen die leunstoele gemaak van ’n eikehoutva­t se deksel en ’n ou sluisdeur se slot wat hy op ’n stortterre­in opgetel het. Die kunswerk is deur Leon Muller. Koffietafe­l van Sutherland­s; kelim van Arabesque; staanlamp en klein kanttafel met ivoor-inlegwerk van Weylandts
Die oorspronkl­ike leiklipmuu­r is behou omdat die Merbolds gehou het van die 60’s-flair wat dit verleen. Die groen staalkas is by ’n skuurveili­ng gekoop en Werner het die kanttafel tussen die leunstoele gemaak van ’n eikehoutva­t se deksel en ’n ou sluisdeur se slot wat hy op ’n stortterre­in opgetel het. Die kunswerk is deur Leon Muller. Koffietafe­l van Sutherland­s; kelim van Arabesque; staanlamp en klein kanttafel met ivoor-inlegwerk van Weylandts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa