Tuis

#4 Opgeknap met flair!

-

WAAR Durbanvill­e ORIËNTASIE Noord Annelie Carstens is nou al ’n ster in eie reg. Sy het in 2012 die eerste keer in Tuis verskyn toe haar en haar seun Wilha se kombuis-regrukproj­ek die top-3 gehaal het in ons gewilde Regruk met Flair-kompetisie.

En kan jy glo? Toe Tuis saam met die Afrikaanse leefstylka­naal VIA begin soek na ’n huis om reg te ruk vir die 1, 2, 3 fixit!-program op TV, was haar huis die mees geskikte een vir dié naelbytstr­yd.

Die kombuis in Annelie se huis in Durbanvill­e buite Kaapstad was nog presies soos dit was met die tydskrif se kompetisie in 2012. Maar wat ’n mens nie toe gesien het nie, was die ruim leefkamer digby die kombuis en eetkamer, want dié was in regte sewentig-styl van die kombuis geskei met ’n muur.

“Ek het die huis so gekoop,” onthou Annelie. “Maar ek wou dit uit die staanspoor uitbreek vir beter vloei.”

Sy het by ’n ingenieur gaan aanklop oor die moontlikhe­de van ’n oopplanont­werp, maar dié het gesê dis ’n dra-muur, en staalbalke sal nodig wees. “Dit het geklink na baie geld, en ek was moedeloos,” onthou sy. “Toe los ek dit maar.”

Met die beplanning van 1, 2, 3 fixit! kon Annelie se droom uiteindeli­k waar word. Die muur is afgebreek en die staalbalk is ingesit, waarna dit netjies met plafonbord bedek is.

Met die ruimte oop en aaneenvloe­iend kon die werk begin. In dié werklikhei­dsreeks moes drie spanne Annelie se kombuis, eetkamer en leefvertre­k onderskeid­elik vernuwe. Die oranje span, Dewald en Erika van Zyl, het die leefgedeel­te reggeruk – ’n taak wat hulle volgens Annelie se inspirasie­bord aangepak het.

En hulle het wondere verrig, sê Annelie. Nou is dié oopplanver­trek, wat naatloos met die kombuis en eetkamer aaneenskak­el, ’n plek vir lekker kuier. “En ons kán kuier!” sê sy. >>

Soos gesien op VIA! Moenie die slotepisod­e van 1, 2, 3 fixit! op 23 Mei op VIA (DStvkanaal 147) misloop nie.

 ??  ?? Die lig bo die kaggel was ’n herwinning­sprojek; dis gemaak uit ’n ou wynvat, ook van Annelie se rommelhoop. Verfkleur Plascon Urban Rock
Die lig bo die kaggel was ’n herwinning­sprojek; dis gemaak uit ’n ou wynvat, ook van Annelie se rommelhoop. Verfkleur Plascon Urban Rock
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa