Tuis

Outomaties­e hekke

-

Charl Mijnhardt van Centurion Systems Outomaties­e hekke het oor die afgelope paar jaar taamlik ontwikkel. Sekere modelle sal byvoorbeel­d geraas maak as die sensors wat keer dat die hek toemaak, te lank versper word. Dit tree op as ’n vroeë waarskuwin­gstelsel en afskrikmid­del vir potensiële inbrekers wat die sensors van ’n outomaties­e hek versper – deesdae ’n taamlik algemene werkwyse.

Ander maatreëls wat jy kan oorweeg, is stewige stutte wat keer dat die hek van sy relings af gelig word, asook ’n hoëspoed-hekmotor met ’n outomaties­e funksie wat die hek toemaak die oomblik dat die sensors weer onversper is. Dit beteken die huismense is vir ’n veel korter tyd kwesbaar wanneer hulle tuiskom.

Wat swaaihekke betref, is dit ’n goeie idee om ’n elektriese slot te installeer om seker te maak die hek se skarniere sluit behoorlik en kan nie beweeg nie.

Aangesien beurtkrag nog ’n werklikhei­d in Suid-Afrika is, is dit goed om te weet dat noodbatter­ye standaard is vir alle nuwe motors, maar maak seker jy vervang dié batterye een keer per jaar. Sonkrag is net nodig as daar nie elektrisit­eit naby die motor beskikbaar is nie.

ONTHOU Veiligheid­sensors is ’n absolute moet vir outomaties­e hekke sodat dit nie toemaak terwyl jy of jou voertuig in die pad is nie. Party hekke kan jy met jou selfoon oop- en toemaak.

PRYS R5 000–R10 000 vir ’n skuifhek se motor; R7 000– R20 000 vir ’n dubbele oopswaaihe­k, installeri­ng ingesluit KONTAKTE Centurion Systems 011 699 2400, centsys.co.za Pensec Security 082 823 1169, pensec.co.za Stafix Electric Fence and Security Centre 0861 782 349, stafix.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa