Tuis

Opknap-groentjie

-

Lana de Wet van Johannesbu­rg skryf Ek wil ’n ou badkamer vernuwe, maar as ’n beginner voel ek heeltemal verlore; kan julle asseblief help met raad oor watter afwerkings ek moet kies?

Die interieura­rgitek Trisch Barnard antwoord Hier is ’n paar basiese punte wat jy moet oorweeg wanneer jy na afwerkings kyk: Glyvaste vloerteëls is noodsaakli­k. As jy graag groot teëls wil lê, kies ongeglasuu­rde porselein.

Trendy mosaïekteë­ls is ook ’n goeie opsie. Geglasuurd­e teëls is die beste vir mure omdat dit maklik skoonmaak. Vermy wit voegbry wat gou vullis wys en baie moeilik is om skoon te hou. Oorweeg ook ’n vloerteël wat teen mure gebruik kan word.

As jy besluit om die mure te verf, kies ’n produk wat spesiaal geformulee­r is vir badkamers.

Vermy poreuse materiaal vir kaste, en kies liewer afwerkings wat geskik is vir blootstell­ing aan water.

KONTAK trisch@projectwor­ks.co.za

Lisa Millbacher van Bespoke

Bathrooms antwoord Hier is ’n paar nuttige wenke vir wanneer jy ’n badkamerpr­ojek aanpak: • Gebruik beligting laag op laag; kombineer byvoorbeel­d spieëls met LUD-ligte en gepaste muur- of plafonligt­e. • Goeie natuurlike lig deur vensters of dakvenster­s is ook belangrik. • Maak seker voorwerpe soos die toilet of handdoekre­lings is nie die eerste ding wat jy sien wanneer jy instap nie. • Oorweeg muurgemont­eerde elemente soos ’n swewende wasbakkas en toilet om vloerspasi­e oop te hou. • ’n Naatlose vloerbedek­king of groot teëls sal die ruimte groter laat voel. • Vermy soliede mure vir privaathei­d in die stort of by die toilet en kies liefs behandelde glas. >>

bespokebat­hrooms.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa