Tuis

Aanneem-wenke

- Michelle Rumble van Kaapstad skryf

Ek neem binnekort twee honde aan by ’n vriend wat emigreer. Gelukkig is hulle nie stout nie, maar het julle enige raad vir my?

Dr. Michael Ferreira, veearts by die Tygerberg-dierehospi­taal,

antwoord Troeteldie­re is wonderlik, al kom hulle met baie verantwoor­delikhede. Wat is lekkerder as ’n opgewonde vierpootma­at wat jou ná werk tuis verwelkom? • Om aangenome honde meer tuis te laat voel kan jy geliefde voorwerpe met bekende reuke, soos komberse en speelgoed, selfs ’n hemp of twee van die vorige eienaars, hou. Nog ’n goeie idee is ’n kalmerende halsband soos Adaptil of Nurturecal­m, wat ’n reuklose feromoon vir honde vrystel. In die meeste gevalle het honde ’n paar dae nodig om hulle by hul nuwe omgewing aan te pas. Sekere diere is meer gespanne as ander; laat lei jou maar deur jou bepaalde omstandigh­ede. • Baie mense wonder of dit raadsaam is om die vorige eienaars te Skype, en terwyl ek nie dink dis ’n slegte idee nie, kan dit sekere diere ontstel. As jou troeteldie­r maklik opgewonde raak, sal hy dalk opgewek blaf wanneer hy ’n bekende stem hoor of gesig sien. Dit hang af van die dier. Die meeste honde behoort positief te reageer as hul vorige eienaars inloer wanneer hulle weer die land besoek. • As jy reeds ander honde het, is dit belangrik om die troeteldie­re geleidelik aan mekaar voor te stel. Neutrale terrein soos ’n park is ’n goeie beginplek omdat hulle minder geneig sal wees om gespanne of territoria­al te raak. Jy kan hulle aanvanklik net saam laat speel sodat hulle mekaar gewoond kan raak; anders kan jy hulle eers aan mekaar se reuke gewoond maak voor jy hulle geleidelik onder beheerde omstandigh­ede aan mekaar blootstel. • Ek dink dis baie belangrik om eers te sien hoe die honde op mekaar reageer voor jy instem om hulle in te neem. As hulle nie oor die weg kom nie, is dit ’n risiko vir al die honde en sal jy dalk ’n ander plek vir hulle moet vind.

KONTAK tah.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa