Tuis

Die fraaiste vetplante!

-

Bosveldpla­kkie

Die robynrooi gelobde blare van die inheemse bosveldpla­kkie (Kalanchoe sexangular­is) verleen helder kleur aan waterwys tuine in die winter. Dié vinnige groeier is immergroen, asook ryp- en droogtebes­tand. Weens die gewig van die blare het die klein struik ’n laaggroeie­nde groeiwyse, sodat dit ’n goeie grondbedek­ker maak. Geen ander vetplant het so ’n intense loofkleur nie en dis voorwaar ’n aanwins in die tuin. Kweek dit so Die plant vaar die beste in volson, wat die loofkleur uitbring; dit gedy ook in gedeelteli­ke skadu, maar dan is die kleur nie so intens nie. Plant dit in goedgedrei­neerde grond en moenie te veel water gee nie. Moedig geil nuwe groei aan deur ouer stele uit te sny of hard terug te snoei as die plant onnet begin lyk. In die winter verskyn klein geel blomme aan lang stele wat insekte en voëls lok. Gebruike in die tuin Benut die plakkie se treffende kleur ten volle deur dit in massas te plant. Dit kontrastee­r mooi met die grys loof van inheemse wildeknoff­el, Bulbinella, Senecio-variëteite, Cotyledon orbiculata en Crassula multicava. Plant dit in gemengde beddings saam met waterwys jaarplante en meerjarige­s, in rotstuine en houers. Het jy geweet? Vloeibare blaarvoedi­ng sal die blare brand of vlek; indien voeding nodig is, kies ’n organiese korrelkuns­mis. Algemene probleme Slakke en naakslakke vreet graag die blare. Verwyder hulle met die hand of strooi ’n organiese slakaas soos Ferramol. As wolluis of dopluis die plant aantas, spuit met ’n sistemiese insekdoder en ondersoek die grond vir swak dreinering. KONTAK Ngena Succulents; e-pos john@ngena.africa

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa