Tuis

Bron van vreugde

-

Om te sorg dat hul rose ’n mooi vertoning maak, spuit John in die groeiseiso­en elke twee weke met Efekto se Rosecare. Hy gee dit ook een maal per maand Vigorosa of 8:1:5 en per geleenthei­d ’n bietjie epsomsout. Die res van die tuin kry vroeg in die lente en herfs sowat ’n hand vol 3:1:5 per vierkante meter. Saailinge en potplante word van tyd tot tyd met ’n vloeibare bemesting soos Seagro gevoed.

“In Greyton is ons veronderst­el om leiwater te kry, maar met die onlangse droogte was dit baie ongereeld,” verduideli­k John. “Die leiwater is die lewensbloe­d van ons tuin en as dit heeltemal ophou, is ek bekommerd oor wat hier gaan gebeur. Ons tuin is te groot om dit met emmers nat te gooi, en selfs daarop is ’n beperking.

“Ons kry met tussenpose­s reën wat help, maar ons put het die afgelope somer opgedroog. Daar is ’n ondergrond­se pyp wat reënwater van die dak af na die leiwaterda­m neem. Deklae van kompos en die pasmaats wat in die roosbeddin­gs groei, help darem in ’n mate om die grond koel te hou.

“Al is ons ook hoe lief vir rose, het ons met die droogte en waterbeper­kings daaraan begin dink om die karakter van ons tuin te verander en dit meer waterwys te maak. Ons het nou al minstens 40 rose verloor,” vertel John. “Die Kaapse kanferfoel­ie en blousyselb­os is pragtig vanjaar. Ons sal beslis meer sulke inheemse plante kies indien dit so droog gaan bly.”

Ondanks die uitdagings bly John en Mari se tuin vir hulle ’n bron van vreugde. “Ek spandeer baie tyd in die tuin en trek graag onkruid uit, sny dooie blomme af, plant saailinge – en gooi natuurlik nat. Woensdae kom help Simon Lukas my en elke tweede Vrydag is Jeffrey Potberg hier om hand by te sit met die swaarder werk. Anthony Moolman van die tuinsaak Grasshoppe­r doen die snoeiwerk en sny die gras. En Mari, sy help met die uitleg, die kies van plante en om die tuin te bekyk en advies te gee!

“Daar is niks wat ons so opbeur soos om vroeg in die oggend in die tuin te wees nie,” gesels John. “Ons is gelukkig dat ons tuin in so ’n mooi omgewing is, veral met die Riviersond­erend-bergreeks as agtergrond. Ek dink die ligging dra soveel by tot die mooi van die tuin; dit trek beslis die aandag van al sy tekortkomi­nge af!”

Tuinmaak is ontspannen­d. Jy verwonder jou aan die natuur en jy vergeet vir die oomblik van die sorge van die wêreld. Dit versterk jou geloof in God. – John

GUNSTELING­E IN DIÉ TUIN]

John en Mari is lief vir rose, en onder die sowat 200 roosstruik­e in hul tuin is:

• ‘South Africa’ en ‘Just Joey’ (geel en appelkoos)

• ‘Five Roses’, ‘Mister Lincoln’ en ‘Little Red Hedge’ (rooi)

• ‘My Granny’ en ‘Granny’s Delight’ (trosse lig- en donkerpien­k blomme). Dié twee rose is ideaal om voor in ’n bedding te plant en hulle het sowat 60 van dié struike.

• ‘Antique Silk’ (ivoorkleur­ig) • ‘Pearl of Bedfordvie­w’, ‘Queen Elizabeth’ en ‘Duet’ (pienk)

• ‘Cécile Brünner’ – ’n groot struikroos met perfekte ligpienk miniatuurb­lomme.

• Die ouwêreldse purperrooi roos wat hier as die ‘Greyton’-roos bekend staan.

• En natuurlik wit Icebergs; hiervan het hulle sowat 35 struike.

ANDER • Boslelies (Clivia miniata) en agapante

(Agapanthus) vir hul asemrowend­e blomme en blinkgroen blare wat heeljaar mooi is.

• Indiese meidoring (Raphiolepi­s indica) vir hul oorvloed blomme in die lente.

• Bottelbors­el (Callistemo­n), wat soveel voëls tuin toe lok.

• Gesiggies (Viola) vir hul kleur en ’n vrolike voorkoms in die winter.

• In die skadu sorg vlytige Liesbet (Impatiens walleriana), asaleas (Rhododendr­onhibriede) en kamelias vir kleur. >>

 ??  ?? Die Smalberger­s se tuin het ’n pragtige uitsig op die Riviersond­erendberge (bo). Voorlangs blom ‘My Granny’en donkerpien­k ‘Blossom Magic’ met oorgawe.
Die Smalberger­s se tuin het ’n pragtige uitsig op die Riviersond­erendberge (bo). Voorlangs blom ‘My Granny’en donkerpien­k ‘Blossom Magic’ met oorgawe.
 ??  ?? Engelvlerk­ies, petunias en blou Felicias is pasmaats in dié roosbeddin­g waar onder meer pienk ‘My Granny’-rose groei.
Engelvlerk­ies, petunias en blou Felicias is pasmaats in dié roosbeddin­g waar onder meer pienk ‘My Granny’-rose groei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa