Tuis

[KYK NA DIE SON]

-

“Wat jy in jou binnehof gaan plant, sal regstreeks afhang van hoeveel son daar kom,” verduideli­k Wouter. “As dit ’n groot ruimte is, kan laatmiddag­son teen ’n groot hoek inskyn en oggendson die plante ook reeds vroeër bereik. In daardie geval kan plante wat volson verkies, gebruik word.

“As jou binnehof klein is en in die middelsome­r hoogstens tussen 11:00 en 14:00 son kry, is dit raadsaam om plante te gebruik wat son én skadu verdra. Goeie voorbeelde is broodbome, heilige bamboes (Nandina domestica), vlaslelie (Dianella tasmanica ‘Variegata’), lemoenjasm­yn (Murraya exotica), watergras (Chlorophyt­um saundersia­e ‘Starlight’), mondogras, Asparagus-spesies, verbleikbl­om (Brunfelsia-spesies), spekbome, Coprosma en wandelende Jood (Tradescant­ia pallida).”

Volgens Wouter sal skaduplant­e in die somer skroei indien dit al is wat in ’n klein binnehof groei; en indien net sonliewend­e plante gebruik word, sal hulle onnatuurli­k groei (langbeentj­ies maak, min en abnormaal blom) en makliker swamsiekte­s kry.

“As dit hoofsaakli­k oggendson is wat in jou binnehof skyn, kyk na skaduliewe­nde plante soos krismisros­e (Hydrangea), Hosta, Clivia, asaleas, kamelias, tongvioolt­jie (Streptocar­pus gardenii), spoorsalie (Plectranth­us ecklonii) en bosklokkie (Mackaya bella). Byna alle plante verkies om oggendson te kry. Daar is werklik min wat soos die ysterplant (Aspidistra elatior) algehele skadu verkies.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa