Tuis

Lam met juweelrys

-

Die blink glaseersel van granaatsap en lemoen proe eksoties, en met die geelrys vol verrassing­s is dié gereg ’n fees.

Genoeg vir 4–6, afhangend van hoe groot die tjops is Bereidings­tyd: 40 minute Gaarmaakty­d: 35 minute

• 12 lamslendet­jops (2–3 per porsie) • 5ml gestampte vars koljanders­aad • 15ml rooiwynasy­n • vars granaatpit­te as garnering GLASEERSEL • 250ml vars lemoensap • 125ml granaatsap • 15ml balsemieka­syn • 15ml heuning • knippie gerookte rissievlok­kies GEELRYS • 15ml elk botter en olyfolie • 1 klein ui, fyngekap • 1 knoffelhui­sie, fyngekap • 2 dadels, fyngekap • 80ml “trail mix” met gedroogde bosbessies, sonnebloms­aad en neute • 3 kardemompe­ule, gekneus • 5–10ml borrie • gerasperde skil van 1 lemoen • 500ml gaar basmatirys

1 Meng die koljander en rooiwynasy­n deur die tjops en laat eenkant staan vir 15 minute – dit help dat die geure intrek en die vleis kamertempe­ratuur bereik. Sit al die glaseersel bestanddel­e in ’n klein kastrol en roer oor hoë hitte totdat die heuning gesmelt is. Kook dan rustig tot stroperig en met twee derdes ingedamp. Geur met sout en peper na smaak en hou eenkant.

2 Braai die tjops oor matige kole of in ’n warm riffelpan tot heerlik gekaramell­iseer, maar steeds blosend. Verf nou mildelik met die glaseersel en braai nog ’n paar minute tot lekker klewerig. Laat rus die vleis terwyl jy die rys maak.

3 Smelt die botter en olie saam in ’n pan en braai die ui en knoffel saam tot glansend. Voeg die res van die geurbestan­ddele by en roer tot deurgemeng. Voeg laaste die gaar rys by en meng deur totdat die rys goudgeel is. Geur die rys met sout na smaak en sit dadelik voor saam met die gebraaide lam, ’n paar druppels ekstra glaseersel (as daar oor is) en ’n strooisel vars granaatpit­te. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa