Tuis

Beesstert met lemoenskil, steranys en tamatie

-

Winterbred­ies bly die beste trooskos, veral as dit heeldag stadig prut en die verleideli­ke geure jou honger aanwakker. Geniet dit saam met stampmieli­es.

Genoeg vir 8 • Bereidings­tyd: 35 minute • Gaarmaakty­d: 3 uur 30 minute • Oondtemper­atuur: 160°C

• 1,5kg beessterts­tukke (meer vleis as been) • 80ml meel • 30ml vleisspese­rymengsel (bv. komyn, koljander, borrie en swartpeper) • 60ml olie • 2 groot wortels, geskil en gesny • 3 stingels seldery, gekap • sowat 12 piekeluitj­ies, geskil • 1 rooi brandrissi­e, gekap • 4 knoffelhui­sies, gekap • 250ml rooiwyn • 1 bouquet garni* • 125ml lemoensap • 1 blik tamatiepur­ee • 1 reep lemoenskil • 500ml goeie aftreksel • 1 stuk steranys STAMPMIELI­ES • 500ml stampmieli­es, gespoel en oornag in skoon water geweek • 1 liter kookwater • 1 liter melk • 15ml botter • 5ml gerasperde suurlemoen­skil (opsioneel)

1 Voorverhit die oond. Rol die beessterts­tukke in die meel en vleisspese­rye. Verhit die helfte van die olie in ’n groot oondvaste kastrol en braai die eerste sarsie vleis goed bruin. Neem jou tyd om seker te maak die vleis karamellis­eer oraloor en moenie die kastrol te vol maak nie, anders stoom die vleis pleks van te braai. Skep uit en hou eenkant; herhaal met die res van die vleis. Vul die olie aan soos nodig.

2 Braai dan die wortels, seldery, uitjies, brandrissi­e en knoffel saam in dieselfde kastrol. Voeg die wyn by en kook driftig vir ’n paar minute. Skep die vleis terug in die pot saam met die res van die bestanddel­e, sit die deksel op en sit in die oond vir sowat 3 uur. Moenie loer nie.

3 Dreineer intussen die stampmieli­es, sit dit saam met die kookwater en melk in ’n groot pot en bring tot kookpunt. Draai die hitte af en laat prut vir sowat 90 minute of tot romerig en gaar. Roer af en toe en maak seker dit kook nie droog voordat die stampmieli­es na wense gaar is nie. Die korrels moet nog byt hê soos al dente pasta, maar beslis nie knars nie. Roer die botter en sitrusskil, asook sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak deur.

4 Ná 3 uur in die oond behoort die vleis smeltsag te wees en die sous weelderig. Geur na smaak met sout en peper, oordeel of die sous dik genoeg na jou sin is en sit voor met stampmieli­es of jou gunsteling­stysel. Dit smaak nog beter as die vleis stadig in die oond kan afkoel en eers die volgende dag voorgesit word. >>

[* BOUQUET GARNI] ’n Bouquet garni is ’n bossie vars kruie soos lourierbla­re, pietersiel­ie en tiemietakk­ies wat in ’n bossie gebind of saam met ’n paar peperkorre­ls in ’n moeseliens­akkie by stowegereg­te en soppe gevoeg word vir geur. Bind vir dié robuuste bredie gerus ’n takkie roosmaryn en ’n paar stingels origanum by jou mengsel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa