Tuis

Pannekoek met nartjie en amandel

-

Dié beslag bak donsige basaarpann­ekoek met lyf – g’n papierdun crêpes nie. Saam met die dromerige nartjiekar­amelsous is dit ’n dekadente nagereg.

Genoeg vir sowat 12 pannekoeke • Bereidings­tyd: 40 minute • Gaarmaakty­d: 30 minute

BESLAG • 240g (430ml) meel • 5ml bakpoeier • 15ml suiker • knippie sout • 4 eiers • 500ml klappermel­k • 60ml water • 125ml olie • 15ml suurlemoen­sap NARTJIESOU­S • 60ml botter • 125ml heuning • 15ml brandewyn • gerasperde skil van 1 nartjie of lemoen • 60ml vars nartjie- of lemoensap • 125ml room • knippie seesout VULSEL • 6 groot nartjies, geskil en in skywe gesny • 100g amandelvlo­kkies, gerooster

1 Maak die beslag deur al die bestanddel­e saam te klits tot glad. Giet deur ’n sif en laat staan vir sowat 30 minute in die yskas voor jy die pannekoeke bak.

2 Spuit ’n pannekoekp­an met kleefweren­de kossproei en maak warm. Giet nou ’n soplepel vol beslag in die middel van die pan en kantel die pan in die rondte totdat die beslag oor die hele bodem versprei is. Bak vir ’n paar minute tot daar borreltjie­s bo-op die pannekoek vorm en keer dit dan versigtig om. Bak vir nog sowat 30 sekondes en keer uit op ’n bord. Herhaal met die res van die beslag. Hou die stapel warm deur die bord oor ’n kastrol met kookwater te plaas en met ’n deksel toe te hou. Indien jy dit vir later bak, bedek die pannekoeke met kleefplast­iek en verhit dit dan in die nartjiesou­s.

3 Om die sous te maak, roer die botter en heuning saam oor matige hitte tot gesmelt. Voeg die brandewyn, skil en nartjiesap by en bring tot kookpunt. Kook vir 5 minute. Klits die room by en verwyder van die hitte; roer die sout by.

4 Om voor te sit, skep ’n lepel vol sous saam met ’n paar skyfies nartjie en ’n strooisel amandels op elke pannekoek. Vou toe en drup nog ’n lepel sous oor. Smul terwyl dit nog warm is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa