Tuis

‘DIE HART VAN MY HUIS’

’n Tevrede Milestone Kitchenskl­iënt deel haar storie ... Dit kan jy ook wees!

-

Toe Debbie Coulson van Umhlanga Rocks besluit om haar dupleks op te knap, was Milestone Kitchens die natuurlike keuse vir haar kombuis. Haar vorige kombuis in Hilton was ’n groot sukses en sy het geweet sy kon reken op die praktiese en stylvolle ontwerpe waarvoor Silvia Miles, die eienaar en stigter van Milestone Kitchens, al welbekend is. Ons het Debbie ’n paar vrae gevra:

Wat is vir jou die grootste voordeel van Milestone Kitchens? Dat dit losstaande eenhede is; dis uniek en jy kan ’n styl kies wat by jou eie ruimte pas – én jy kan dit na hartelus rondskuif! Die beste van als is, jy is verseker van ’n produk van topgehalte wat goed vervaardig is. Hoe het die proses van beplanning, bestel en aflewering van jou kombuis verloop? Heeltemal stresvry. Ons het die kombuis ’n paar weke voor ons dit sou nodig kry, bestel en dit is betyds afgelewer. Wat was jou ervaring met Milestone Kitchens se aanlyn-beplanner? Ons het ’n skaalteken­ing van die vertrek gemaak en Silvia en haar assistent, Lulu, het ons met die uitleg gehelp. Silvia het ons tonne raad gegee oor die beste staanplek vir elke eenheid, so dit was glad nie moeilik nie. Wat geniet jy die meeste van jou ruimte? Dis prakties en maklik om te gebruik. Ek is dol oor die uittreklaa­ie en potlaaie – saam met die kruidenier­skas is alles nou netjies. En dis nie net ’n kombuis nie; dis waar ons as gesin graag tyd saam deurbring. Jou vorige kombuis was van die French Flair-reeks en dié keer het jy besluit op Swedish Style; watter een verkies jy? Ek was gaande oor my French Flair-kombuis omdat dit by my huis se plaasstyl gepas het. Met my nuwe huis naby die strand is die ontspanne Swedish Style nou nommerpas. Milestone Kitchens het iets vir almal! Wat is uniek aan jou Milestone-kombuis? Elke kombuis word op bestelling gemaak, so jy kies self jou kaste, groottes, hoogtes en kleure; dit word gemaak nes jy dit wil hê, wat ’n groot bonus is. Hoekom het jy Milestone Kitchens gekies? Ek hou daarvan dat Milestone Kitchens trots Suid-Afrikaans is. Ek kon selfs by die fabriek op die plaas buite Pietermari­tzburg gaan inloer om die proses te sien. Hoe wonderlik!

 ??  ?? Silvia Miles, die eienaar en bestuurder van Milestone Kitchens.
Silvia Miles, die eienaar en bestuurder van Milestone Kitchens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa