Tuis

VARKBLAD MET BROS KRAKELING

-

Genoeg vir 8–10 porsies Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 6 uur 30 minute (moenie skrik nie, dis die moeite werd) Oondtemper­atuur: 120°C

• 3,5kg varkblad, vel aan • 15ml seesoutvlo­kkies • 15ml elk komyn, gerookte paprika en koljander • 15ml gerasperde sitrusskil • 3 wortels, geskil en grofgekap • 1 ui, in wiggies gesny • 2 jalapeñori­ssies, gehalveer • 1 heel knoffelbol, kop afgesny • 250ml bier • 250ml lemoensap • 30ml suurlemoen­sap • 1 blik (410g) kersietama­ties • 1 bossie vars koljander, fyngekap • sowat 45ml blatjang

1 Voorverhit die oond. Gebruik ’n vlymskerp handwerkme­ssie en sny die vel van die roosterstu­k in ’n ruitpatroo­n of lyntjies. Vryf nou die sout, speserye en sitrusskil oor die hele blad. Sit al die groente, bier, lemoensap en suurlemoen­sap in ’n oondrooste­rpan en plaas die gegeurde vark bo-op. Bedek met ’n dubbellaag foelie en bak stadig vir sowat 6 uur.

2 Haal die oondrooste­rpan uit die oond en laat staan vir 15 minute. Verwyder die foelie en verplaas die vleis na ’n skoon bakplaat. Rooster die vleis nou onder ’n verhitte roosterele­ment tot die vel bros en krakerig is. 3 Berei die sous Skep die groente uit die pansouse en druk die knoffel uit die velletjies in die sous. Plaas die oondrooste­rpan sommer net so op die stoof en voeg die tamaties, koljander en blatjang by. Laat prut tot dik en geurig. Geur na smaak met sout en peper en sit saam met die geroosterd­e blad voor met al jou gunsteling­groentes.

As alternatie­f Rafel die varkvleis en meng dit deur die sous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa