Tuis

Hier is 3 planne met rafelvark

-

Vullende aartappelw­iggies Bak 500 g bevrore aartappelw­iggies volgens die aanwysings op die pakkie in ’n voorverhit­te oond tot goudbruin en bros. Skep ’n lepel warm kaassous bo-op, gevolg deur ’n ruim porsie rafelvark. Strooi ’n paar vars kersietama­tieskyfies en gekapte sprietuie oor as jy wil, en rond die lot af met ’n tjirts Sriracha-rissiesous. Makliker kan dit nie.

Spek-kaas-enaartappe­lkoekies Skil en kook 3 middelslag-aartappels in soutwater tot sag. Dreineer en druk fyn; laat effens afkoel. Meng 125 ml gaar spekblokki­es, 125 ml mieliepitt­e, 30 ml bruismeel, 60 ml fyngeraspe­rde kaas en 1 eier by om ’n stywe beslag te vorm. Verdeel in 12 balletjies en braai in ’n bietjie olyfolie en botter tot goudbruin. Druk die balletjies platter met jou spaan terwyl jy dit braai sodat elkeen ’n koekie vorm. Bedek met ’n ruim skep rafelvark en, as jy rojaal wil wees, ’n strooisel gerasperde kaas en vars koljander.

Blitsvinni­ge varkpastei­tjies Ontvries ’n rol (450 g) blaardeeg en rol oop op ’n skoon werkopperv­lak. Sny in 8–12 blokke met ’n skerp mes. Verf ’n bietjie geklitste eier om die rande en skep ’n lepel rafelvark in die middel van elk. Vou nou die deegvierka­nte om die vulsel toe en druk om die rande vas met ’n vurk. Verf die bokante ook met eier, strooi sesamsaad oor en druk ’n stoomgaatj­ie in elkeen. Bak vir sowat 20 minute teen 200 °C of tot goudbruin en gaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa