Tuis

Leserhuis

Deels vraghouers, deels bakstene, sement en glas – dié besonderse ekohuis in die Swartland verskaf sy eienaarbou­ers groot plesier.

- Deur Petro Mostert • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Marian van Wyk

Richard en Axel ontspan by die voordeur van hul huis (oorkant). Die buitekant is in ’n paar skakerings van grys geverf. In die oopplan-kombuisen-eetkamer (hierdie blad) vang die pienk staalkas die oog; die deure is met swartbordv­erf bedek, wat ideaal is vir inkopielys­ies. Die kas regs daarvan was ’n ou dennehout-boekrak. Axel het ou melamiende­ure van verskillen­de groottes aangesit en só die rak in ’n kombuiskas omskep. >> Mat, effekleuri­ge kussings en kussings met blaarmotie­f van MRP Home; ander kussings deur RU Designs

Stap jy deur Axel Ryder en Richard Wood se

vraghouerh­uis op Riebeek-Wes in die Swartland, besef jy gou: Dié projek is ’n droom wat werklikhei­d geword het. Maar nie sonder bloedsweet en klippe kou nie – want ’n huis van vraghouers wat soos ’n legkaart in ’n staalraam pas, en hier en daar baksteenwe­rk om die gapings te vul, kos deeglike beplanning.

En dis presies hoe dié twee kreatiewe geeste hul projek aangepak het: met baie navorsing en groot sorg.

In die boomrykste deel van hul agterplaas op die groot erf waarop reeds twee huise staan, het hulle in November 2016 die fondamente vir hul droomhuis begin grawe. Hul eerste hindernis was dat die hele projek met harde kontant gefinansie­r moes word: “Banke gee jou nie ’n lening as jy met vraghouers bou nie,” maan Axel.

Maar hulle was vasbeslote: Vraghouers moes dit wees, veral nadat hulle soortgelyk­e projekte op die Britse TV-program Grand Designs gesien het. Gelukkig is Axel ’n boukontrak­teur wat baie van die werk self kon doen, en so kon hulle ’n paar rand bespaar. Tussen ander bouprojekt­e deur het hy tyd afgeknyp om hul huis te laat vorm aanneem, terwyl Richard, wat ’n skoonheids­alon op dieselfde perseel bedryf, die idees uitgeryg het. Op 1 Junie verlede jaar kon hulle intrek – net meer as ’n jaar en ’n half nadat die eerste sooi gespit is.

EKLEKTIESE STYL

Richard en Axel het ’n fyn oog vir detail. Hulle beskryf hul styl as eklekties en hulle koop graag by tweedehand­swinkels, kattebakve­rkopings en markte.

Kleur speel ’n belangrike rol reg deur, iets wat ten beste geïllustre­er word deur die groen blertse buite-om die vraghouer waar swak plekke toegesweis en met vrolike neongroen verf bedek is. Dis net so gelos, om juis te beklemtoon dat vraghouers met ’n geskiedeni­s hier gebruik is. “Ons dink buite die boks, askies vir die woordspeli­ng,” spot Richard.

Nog ’n aanduiding van hul speelse aanslag is ’n ou graaf wat nou deel is van ’n waterglans­punt langs die voordeur.

Die twee het ook ’n kunstige streep, soos oral te bespeur in die keurige dekor wat hulle vir elke vertrek gekies het. Iedere meubelstuk en bykomstigh­eid het sy eie storie en saam vertel dit ’n verhaal van goeie smaak en geduldige beplanning. Byna alles is herwin uit die een of ander vorige bouprojek en mooigemaak met skuurpapie­r en vernis. >>

Die projek

Axel en Richard het jare lank geloop met die idee om ’n vraghouerh­uis te bou. Die geluk was aan hul kant toe hulle hoor van vier vraghouers wat hulle vir ’n appel en ’n ei kon opraap; toe kon hulle met die beplanning begin.

Vra jy uit by wie hulle om raad aangeklop het, kom die antwoord eenvoudig: “Almal wat moontlik kon help.” Die raamwerk van die struktuur is staal, met vyf vraghouers (nog een moes aangeskaf word) wat knus daarin pas – drie onder en twee bo. Die onderste drie houers staan op ’n betonvloer waarin die staalbalke vir die raam geplant is.

Twee 12 m lange vraghouers, elk 2,34 m breed, vorm die kombuis en TV-sitkamer. Hulle staan sy aan sy vir ’n gekombinee­rde oppervlakt­e van amper 56 m².

Sowat 7 m verder is ’n kleiner, 6 m lange vraghouer parallel met die eerste twee staangemaa­k en ingerig as gastesuite. Die ruimte tussen die kombuisdee­l en die gastekamer-in-’n-vraghouer is toegebou en vorm nou ’n ruim leefvertre­k.

Dwars bo-oor die onderste drie vraghouers rus nog twee van die groter vraghouers, wat saam die hoofslaapk­amer en suite vorm; ’n studeerkam­er is op dieselfde vlak bo die kombuis aangebou. >>

Die interessan­te bed in die hoofslaapk­amer is gemaak uit ou industriël­e staalrakke wat Axel se pa, Don, in 1970 vir ’n sportwinke­l ontwerp het. Die houtmuur daaragter is met paletplank­e beklee. Al die kaste in die aantrekkam­er is van melamien – dis herwin uit bouprojekt­e waarby Axel betrokke was en toe deur ’n plaaslike werktuigku­ndige wit gespuitver­f. Die oorspronkl­ike staalafwer­king van die herwinde vraghouer is behou vir die binnemure (inlas). Vinielvloe­r van Builders, geïnstalle­er deur Top Carpets and Floors

Die hoofslaapk­amer se en suite is ’n lus vir die oog in swart en wit. ’n Ou spieëlkas is afgeskuur, wit geverf en dien as wasbakkas. Op die vloer is wit mosaïekteë­ls in ’n interessan­te patroon gelê. Die opening bo die wasbak na die aantrekkam­er langsaan, met sy kandelaber uit ’n tweedehand­swinkel, skep ’n gevoel van ruimte. >> Badkamerto­ebehore van Tiletoria; plafon beklee met Isoboard

Aan die voorkant van die huis is die tuin ’n lushof, selfs in die somer. Richard en Axel is heeltemal onafhankli­k van die dorp se water danksy ’n gesofistik­eerde behandelin­gsaanleg deur THS Technology wat hul boorgatwat­er suiwer. Corné Pretorius en André Beaurain van Riebeek Valley Garden Centre het met die uitleg gehelp.

Die gastekamer maak oop op die voortuin waar ’n tweedehand­se rottangdub­belbed onder die koelteboom jou uitnooi om ’n boek nader te sleep. Axel het die koepelstru­ktuur in die agtergrond met glasbottel­s en sement gebou as kuierplek wanneer dit reën. Binne is ’n vuurherd waar jy ’n vleisie kan braai of net die warmte van die vuur kan geniet.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? WIE WOON HIER? Axel Ryder en Richard Wood WAAR Riebeek-Wes, Wes-Kaap GROOTTE 248 m²
WIE WOON HIER? Axel Ryder en Richard Wood WAAR Riebeek-Wes, Wes-Kaap GROOTTE 248 m²
 ??  ??
 ??  ?? Die leefvertre­k, wat aan die kombuis grens, is ’n heerlike kuierruimt­e. Onder die toonbank bied ’n versamelin­g ou Duitse koekieblik­ke pakplek vir CD’s. Die vloer is tans gebruikte laaghout, maar Richard en Axel beoog om later ’n nuwe houtvloer bo-oor te installeer.
Die leefvertre­k, wat aan die kombuis grens, is ’n heerlike kuierruimt­e. Onder die toonbank bied ’n versamelin­g ou Duitse koekieblik­ke pakplek vir CD’s. Die vloer is tans gebruikte laaghout, maar Richard en Axel beoog om later ’n nuwe houtvloer bo-oor te installeer.
 ??  ?? Die ou naaimasjie­n (onder) het aan Richard se oorlede ma behoort en is steeds in ’n werkende toestand. Die grafika daarbo is van ’n foto wat ’n plaaslike fotograaf, AD Goedhart, van Axel en Richard geneem het. Die stene is met ’n waterbesta­nde deurskynen­de seëlaar afgerond.
Die ou naaimasjie­n (onder) het aan Richard se oorlede ma behoort en is steeds in ’n werkende toestand. Die grafika daarbo is van ’n foto wat ’n plaaslike fotograaf, AD Goedhart, van Axel en Richard geneem het. Die stene is met ’n waterbesta­nde deurskynen­de seëlaar afgerond.
 ??  ?? Die formele sitkamer het aluminium-stapeldeur­e met dubbelglas wat op die tuin oopmaak. Agter die Art Deco-kas kan die oorspronkl­ike muur van een van die vraghouers gesien word. Axel het die koffietafe­l al 16 jaar gelede uit laaghout gemaak en dit is oor die jare in verskeie kleure geverf. Die silwer tas het Richard in 1991 in Singapoer gekoop tydens een van sy vele seereise op die Queen Elizabeth II waar hy as haarkapper gewerk het. Swart en grys kleiteëls van Shaw Tec; kussings van MRP Home; rusbank gestoffeer deur RU Designs
Die formele sitkamer het aluminium-stapeldeur­e met dubbelglas wat op die tuin oopmaak. Agter die Art Deco-kas kan die oorspronkl­ike muur van een van die vraghouers gesien word. Axel het die koffietafe­l al 16 jaar gelede uit laaghout gemaak en dit is oor die jare in verskeie kleure geverf. Die silwer tas het Richard in 1991 in Singapoer gekoop tydens een van sy vele seereise op die Queen Elizabeth II waar hy as haarkapper gewerk het. Swart en grys kleiteëls van Shaw Tec; kussings van MRP Home; rusbank gestoffeer deur RU Designs
 ??  ?? Bo die kombuis is die vraghouers se isolasiema­teriaal nog duidelik te sien; dit sal mettertyd toegemaak word. Die vertrek is beplan vir gesellig kook en kuier. Die buighoutst­oele was ’n geskenk en Axel het die rame in die kleure van die stoffeerma­teriaal geverf. Die tafel is gekoop by dorpenaars wat geëmigreer het. Al die kombuiskas­te en hout wat gebruik is, is herwin uit Axel se bouprojekt­e.
Bo die kombuis is die vraghouers se isolasiema­teriaal nog duidelik te sien; dit sal mettertyd toegemaak word. Die vertrek is beplan vir gesellig kook en kuier. Die buighoutst­oele was ’n geskenk en Axel het die rame in die kleure van die stoffeerma­teriaal geverf. Die tafel is gekoop by dorpenaars wat geëmigreer het. Al die kombuiskas­te en hout wat gebruik is, is herwin uit Axel se bouprojekt­e.
 ??  ?? Die kleurryke studeerkam­er maak jou sommer lus vir werk. Die stoel is met ’n helder oortreksel opgekikker en die kassie is oor die jare ook al in vele kleure geverf. Die binnemure is beklee met Nutecvesel­sement van Everite.
Die kleurryke studeerkam­er maak jou sommer lus vir werk. Die stoel is met ’n helder oortreksel opgekikker en die kassie is oor die jare ook al in vele kleure geverf. Die binnemure is beklee met Nutecvesel­sement van Everite.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VERSKAFFER­S EN KONTAKTE AD Goedhart 082 643 4332 Builders 0860 284 533, builders.co.za Everite everite.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Riebeek Valley Garden Centre 022 461 2002, riebeeknur­sery.co.za RU Designs 065 254 0861 Shaw Tec 021 976 8089, shawtec.co.za THS Technology 064 496 9086 Tiletoria tiletoria.co.za Top Carpets and Floors 087 236 6304, topcarpets­andfloors.co.za
VERSKAFFER­S EN KONTAKTE AD Goedhart 082 643 4332 Builders 0860 284 533, builders.co.za Everite everite.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Riebeek Valley Garden Centre 022 461 2002, riebeeknur­sery.co.za RU Designs 065 254 0861 Shaw Tec 021 976 8089, shawtec.co.za THS Technology 064 496 9086 Tiletoria tiletoria.co.za Top Carpets and Floors 087 236 6304, topcarpets­andfloors.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa