Tuis

Vars idees met jou eie stempel

- Deur Kim Arendse • Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Marian van Wyk

Dié Victoriaan­se skoonheid het nuwe lewe gekry met dekor wat ’n storie vertel en koel spatsels kleur.

Met liefde

Oor die jare het Rosemary Barker die fasade van haar huis uit die 1890’s in Simonstad stuk-stuk verander. Om hulde te bring aan die Victoriaan­se era het sy baie van die oorspronkl­ike elemente soos die skuifraamv­ensters (twee nog met die oorspronkl­ike glas) behou, en nuwe hortjies laat maak om dié te vervang wat verweer het en verwyder moes word.

’n Teerstrook voor die huis is opgegrawe en vervang met groenighei­d soos roosmaryn-, laventel- en wildeboego­eplante.

Geïnspiree­r deur die wye hemelruim en die see het Rosemary die wit huis se buitekant hier en daar met ’n spatsel koel blou opgehelder.

Te mooi!

’n Toevlug

Die diefwering voor die oorspronkl­ike skuiframe skep die voorkoms van kothuisven­sters. Aan weerskante van die voordeur het Rosemary die woorde vir vrede en hoop in verskillen­de tale vertikaal van bo na onder geverf. >>

Al die regte kurwes

Voor die garage is ’n sementvloe­r gelê en aangesien dit net pakplek is, hoef die vloer nie voertuie te hanteer nie, net voetverkee­r.

“Ek het ’n onderlaag (Midas Masonry Primer) aangewend en terwyl ek besig was om netjiese vierkante vir die afwerking uit te meet, stap ’n vriend verby en stel voor dat ek liewer ’n patroon aanbring,” sê Rosemary. “Toe lê ek ’n tuinslang neer en trek gekurfde lyne van noord na suid oor die hele inrit, en daarna van oos na wes om daardie lyne te oorkruis en die swierige fatsoene te maak, voor ek dit met verf ingekleur het.”

Om dié oppervlak skoon te hou spoel Rosemary dit eenvoudig af met seepwater.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Rosemary het ’n motorhuis – hoofsaakli­k vir pakplek – langs die huis laat aanbou met ’n dek bo-op. Sy het die ou kiaatdeure by Ross Demolition gekry. VERSKAFFER­S African Forge 082 461 3817, facebook.com/africanfor­ge Ross Demolition 021 511 3527, rossdemoli­tion.com
Rosemary het ’n motorhuis – hoofsaakli­k vir pakplek – langs die huis laat aanbou met ’n dek bo-op. Sy het die ou kiaatdeure by Ross Demolition gekry. VERSKAFFER­S African Forge 082 461 3817, facebook.com/africanfor­ge Ross Demolition 021 511 3527, rossdemoli­tion.com
 ??  ??
 ??  ?? Verfkleur Midas Envirolite Midalux 240 in Silvery Sea Fayre
Verfkleur Midas Envirolite Midalux 240 in Silvery Sea Fayre

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa