Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap

Skink ’n glas wyn en verbeel jou jy is op ’n kaalvoet-vakansie op ’n Griekse eiland en daar is lam met vars kruie, feta en bone op die spyskaart ...

-

Ribtjoppie­s met pesto en ment

Kruiesouse soos chimichurr­i en pesto is altyd ’n wenner saam met lam.

Onder R150 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 5 minute Gaarmaakty­d: niks meer as 16 minute nie

• 8 lamsribtjo­ppies (2 per persoon)

• 15ml olyfolie

• 5ml gestampte koljander

• 30ml vars suurlemoen­sap

• ’n hand vol vars mentblare

• 15ml rooiwynasy­n

• 1 rooi brandrissi­e, fyngekap (opsioneel)

• 45ml goeie vars basiliepes­to (ons hou van Pesto Princess)

1 Meng die lamstjops met die olyfolie, koljander en suurlemoen en laat staan ’n paar minute terwyl jy die sous aanmekaars­laan.

2 Kap die ment fyn. Meng dit saam met die asyn en brandrissi­e by die pesto en oordeel of dit nog ’n skeutjie olie of selfs water kort sodat die tekstuur meer sous as smeer is.

3 Braai nou die tjoppies oor matige kole vir sowat 5–8 minute aan ’n kant tot net pienk en sappig. Geur na smaak met sout en swartpeper. Jy kan ook ’n dikboompan gebruik om die tjops oraloor goudbruin te braai, nes jy verkies. Drup die sous oor en sit voor met aartappels­laai.

Jogurt-saaltjops

’n Saaltjoppi­e is basies twee lendetjops aaneen en lyk vir my alte feestelik. Braai gerus oor die kole as jy verkies.

Onder R130 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 10 minute, plus marineerty­d • Gaarmaakty­d: sowat 20 minute Oondtemper­atuur: 180°C

• 4 saaltjops (of 8 lendetjops)

• ’n klont botter en ’n skeut kanola-olie

• vars suurlemoen­wiggies vir voorsit

MARINADE

• 3 knoffelhui­sies, gekap

• 30ml fyngeraspe­rde ui

• 1 duim vars gemmer, gerasper

• 125 ml jogurt

• ’n knippie cayennepep­er

• ’n knippie fyn borrie

• 1 takkie roosmaryn, blaartjies gestroop

• 5 ml vars suurlemoen­sap

1 Meng al die marinadebe­standdele, vryf dit goed oor die vleis en marineer by kamertempe­ratuur – minstens 30 minute of oornag.

2 Voorverhit die oond. Vee enige oortollige marinade van die vleis af. Verhit die botter en olie oor matige hitte in ’n oondvaste pan. Braai die vleis tot mooi bruin aan die een kant (sowat 5–7 minute). Draai om en braai ook 5–7 minute aan die ander kant. Geur na smaak met sout en peper en sit nou die pan in die oond vir sowat 5 minute vir ’n sappige, pienk tjop. Laat rus vir 5 minute en sit voor met ’n ekstra lepel jogurt en vars suurlemoen­sap.

Lam-en-feta-‘sliders’ (klein burgers)

Ek gebruik lamsworsie­s wat reeds bindmiddel en kruie bevat as kortpad vir dié geurige burgers. Vervang dit gerus met lamsmaalvl­eis en voeg vars kruie na smaak by.

Onder R110 • Genoeg vir 4 porsies (twee burgers per persoon) Bereidings­tyd: 15 minute • Gaarmaakty­d: sowat 10 minute

• 500g lamswors met roosmaryn

• 60ml gekapte pekanneute

• 60ml rooi soetrissie­blokkies

• 100g feta, gekrummel

• ’n knippie gedroogde origanum

• olie vir vlakbraai

• 8 klein pitabrode

• 200g peulertjie­s, gesnipper

• hoemoes

1 Verwyder die derm van die wors en meng die vleis met die neute, soetrissie, feta en origanum. Ekstra sout en peper is nie nodig nie. Vorm met nat hande in agt ewe groot frikkadell­e; druk elkeen plat om ’n burger te vorm.

2 Verhit die olie in ’n dikboompan en braai die burgers tot goudbruin alkante en net-net gaar (ek hou daarvan nog so effens pienk binne). Jy kan ook die burgers oor die kole braai.

3 Rooster die pitabrode in jou broodroost­er, oor die kole of in ’n droë pan. Smeer elk met ’n dik laag hoemoes, skep ’n hopie peulertjie­s bo-op en bedek met ’n vuurwarm burger.

Lamsribbet­jie met bone

Dié resep is min moeite, maar die gaarmaakty­d is lank om ’n doeksagte resultaat te verseker. Druk dit in die oond en vergeet daarvan, of vervang die rib met eenhap-tjoppies en sit hulle pienk voor.

Onder R125 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 15 minute Oondtemper­atuur: 180°C • Gaarmaakty­d: 1 uur

• 8–12 individuel­e lamsribbet­jies

• sowat 15ml biltongspe­serymengse­l*

• 30ml rooiwynasy­n

• 2 blikke cannellini-bone, gespoel en gedreineer

• 200 g kersietama­ties, gehalveer

• sowat 60 ml aftreksel

• ’n strooisel vars koljander en suurlemoen­sap

1 Rol die lam in die speserye en asyn en laat staan vir sowat 15 minute tot 1 uur (as die tyd toelaat) om te marineer. Druk droog en braai nou die vleis in ’n warm oondvaste pan sonder om olie by te voeg – lam is gewoonlik redelik vetterig. (Kyk maar hoe dit gaan en voeg ’n paar druppels olie by as jy voel dis nodig.)

2 Voorverhit die oond. Sodra die vleis mooi kleur het, sit dit net so in die pan in die oond en bak vir 45 minute.

3 Haal die vleis uit die oond. Skep die bone, tamatie, aftreksel, kruie en suurlemoen­sap by. Rangskik die vleis bo-op en bak vir nog sowat 15 minute. Sit voor met ’n vars slaai. * Biltongspe­serymengse­l bevat reeds gestampte koljander, vleisspese­rye en sout, en bied ’n gerieflike kortpad wanneer jy vinnig kosmaak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa