Tuis

Dagboek September-hoogtepunt­e

-

1: Vier Lentedag ten bate van die DBV by die Ngwenya Country Market, Muldersdri­ft. Skenk blikkiesko­s en geniet ’n dag buite met die hele gesin. Daar sal kosstallet­jies, lewende musiek en ’n gelukstrek­king wees. Troeteldie­re is welkom! Skakel 082 497 6054 vir inligting.

1–30: Dié maand vier Stellenbos­ch Hills ons erfenis met ’n kos-enwynparin­g. Verlustig jou in frikkadell­e, kerrievis en meer saam met bekroonde wyne teen R75 per persoon. Vir inligting, skakel 021 881 3828.

6–8: Die Fire and Feast Meat Festival by die Ticketpro Dome in

Johannesbu­rg is enige braaier se idee van die hemel. Kaartjies kos R120 vir volwassene­s en R20 vir kinders onder 12 by computicke­t.com. Vind meer uit by fireandfea­st.co.za.

7: Trek jou tekkies aan vir die jaarlikse Nagwedloop Ter Ere Van Verpleërs in

Kaapstad. Kaartjies kos R100 vir volwassene­s en R50 vir kinders onder 12 by quicket.co.za; die opbrengs gaan aan die Exceptiona­l Nurse Campaign-beursfonds.

14–15: Deelnemend­e wynplase spog met hul nuwe produkte by die Uncorked-fees in die Franschhoe­k-wynvallei. Bespreek ’n naweekpas (R180 per persoon) by webtickets.co.za. Skakel 021 876 2861 of besoek franschhoe­kuncorked.co.za. Oktober se Tuis is op die rakke! 16: 20–22: Verwag massas lieflike blomme, markstalle­tjies, pret vir die kleinspan en lewende vermaak by die jaarlikse veldblomsk­ou op

Darling. Kry kaartjies by quicket.co.za teen R70 vir volwassene­s en R50 vir pensioentr­ekkers; kinders onder 6 gaan gratis in. Vir nog inligting, skakel 084 916 1111.

21: By die Versamelin­gskou op Graaff-Reinet kan jy ’n prys wen met jou besonderse versamelin­g! Besoekers kan ook uitsien na ’n vintage-motorskou en ’n kattebakve­rkoping. Kaartjies kos R30 vir volwassene­s en R20 vir kinders onder 12. Skakel 082 336 5983. Vier Erfenisdag! 24:

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa