Tuis

Raad Vra die kenners

- Saamgestel deur Desiree Hartney

Is jy op soek na planne vir jou waskamer en spens, of wonder jy of jy jou badkamerte­ëls met krytverf kan bydam? Vra net – ons kry die antwoorde ...

Die uitdaging

Ronell Ferreira van George skryf Ons het huis gekoop in George en ek sukkel al ’n rukkie om ’n praktiese dog mooi plan te maak vir ons opwasarea en waskamer.

Die opwasarea is net langs die kombuis. Die waskamer is aan die ander kant van die kombuis en dit is waar die wasmasjien, tuimeldroë­r en skottelgoe­dwasser staan. Daar is ook ’n toilet en stort in dié vertrek. Ek dink dit was eers ’n buitevertr­ek wat die vorige eienaars deel gemaak het van die huis.

Die waskamer werk goed waar dit is, maar die deur na die braaikamer moet toegebou word. Die vertrek is van dak tot vloer geteël. Met die enigste toilet op dié vlak sal dit ’n goeie gastebadka­mer maak.

Ons kan nie nou bou en breek nie, daarom moet ons die beste maak van die ruimtes wat ons het.

Die oplossing

Die Tuis-medewerker Shelly Bergh

antwoord Ek stel voor jy skuif die skottelgoe­dwasser uit die waskamer na die opwasarea; só is dit makliker om met skottelgoe­d in een area te werk en die waskamer bly vars en skoon soos ’n waskamer moet. 1 WASKAMER Die teëls in dié vertrek is nou hoogmode – gebruik dit in jou guns! Bou ’n werkblad oor die tuimeldroë­r met ekstra plek onder om ’n wasgoedman­djie te huisves. Gebruik die kaste bo die wasmasjien om dinge soos wasgoedpoe­ier en ander onooglike items te bêre, maar verf dit ’n dramatiese matswart. Jy kan die oppervlak net so verf met krytverf, of berei dit voor met Plascon se Tile & Melamine Primer en verf dit dan met Plascon se waterbasis-Velvaglo. Jy sal die kaste wel moet skoonmaak voor jy enige verf aanwend: Was dit met suikerseep en skuur liggies sodat die verf kan klou. Maak seker jy verwyder enige stof nadat jy geskuur het en voor jy verf.

2

TOILET As jy die toiletvert­rek as gastebadka­mer wil inspan, kan jy ’n skuurdeur aan ’n spoor hang vir privaathei­d. Hoity Toity Furniture hou ’n groot reeks met die nodige ysterware aan, en lewer landwyd af. Hang ’n pragtige spieël bo die wasbak in die badkamer en installeer hake vir handdoeke. Rond die ruimte af met mandjies, huisplante en ’n lopermat.

Kleurkeuse Verf al die deure in die vertrek dieselfde kleur. ’n Dowwe pienk soos Plascon Kisses for You kan goed werk. Gee die plafon ’n vars laag wit verf en was die teëls met suikerseep as dit gevlek is. Verf die vensterraa­m wit en installeer ’n wit rolblindin­g om die prentjie af te rond.

3

OPWASAREA Ek dink jy moet al die ingeboude kaste uithaal, behalwe die een onder die wasbak. Vervang net sy deure en maak plek vir die skottelgoe­dwasser sodat dit onder die wasbak kan pas. Teël die area agter die wasbak met wit 10 x 10 cm-teëls om dié in die waskamer te eggo.

Koop ’n losstaande klerekas met drie deure en sit dit daar waar jy die ingeboude kaste uitgehaal het. Installeer rakke waar die dubbeldeur­e is en gebruik dit as spens; die enkeldeur-deel kan dien as ’n besemkas.

Verf dit wit of behou die oorspronkl­ike houtvoorko­ms.

 ??  ?? Albei is werkruimte­s, maar dis altyd aangenamer om in ’n mooi omgewing te werk. Huisplante en ’n paar mooi dekorstukk­e sal die vertrekke opkikker.
Albei is werkruimte­s, maar dis altyd aangenamer om in ’n mooi omgewing te werk. Huisplante en ’n paar mooi dekorstukk­e sal die vertrekke opkikker.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa