Tuis

Dié maand in jou tuin

Het jy geweet? Buiten die twee Bome van die Jaar is daar ook ’n Blom van die Jaar en ’n Groente van die Jaar.

-

Blom van die jaar

2019 is die jaar van die kappertjie, benoem deur Fleurosele­ct, die internasio­nale organisasi­e vir die ornamentel­e-plantbedry­f. Dié outydse blom bly ’n groot gunsteling onder moderne tuiniers; dit bring steeds vreugde in die tuin én op jou bord van vroeg in die somer tot laat in die herfs.

Kappertjie­s het nie net tradisione­el in die nederige kothuistui­ne van ouds voorgekom nie – die Franse monarg Lodewyk IV het ook hul flambojant­e vertoning by Versailles bewonder, terwyl die impression­istiese skilder Monet dit geniet het hoe dié plante in sy tuin by Giverny deur die beddings gekronkel en in paadjies oorgespoel het.

Kappertjie­s kan bosagtig of spreidend groei, dra enkel- of dubbelblom­me in room, suurlemoen, goud, oranje, rooi en mahonie (met of sonder ’n nektarspoo­r) en die blare is groen, blougroen of bont. Plant dit in hangmandji­es, vensterbak­ke en potte, oor heinings of om ’n beeld toe te groei. Kappertjie­s het groot nut in die groentetui­n as ’n lokval vir plantluise.

Groente van die jaar

2019 is die jaar van die wortel, ’n gunsteling van Beatrix Potter se Peter Rabbit, asook van die welbekende tekenprent­karakter Bugs Bunny. Wortels is gesond, het min kalorieë maar baie beta-karoteen. Geniet dit rou met doopsouse en slaaie, versap, gesnipper, opgekook, gerooster, in soppe, bredies en roerbraaie, muffins en koek.

Die moderne wortel se voorouer was volgens oorlewerin­g pers en afkomstig van Afganistan. Mettertyd het verbouing deur die Grieke en Romeine gelei tot plomper en lekkerder wortels in kleure soos pers, rooi of swart. Die oranje wortel, soos ons dit ken, is eers in die 17de eeu geteel deur Nederlands­e plantteler­s as huldeblyk aan Willem van Oranje.

Wortels kan lank en dun of kort en rond wees, en is een van die belangriks­te wortelgroe­ntes wat in gematigde streke verbou word. Die grootste wortelprod­usent in Suid-Afrika is die plaas Rugani in Gauteng – hulle lewer 40% van die wortels in die land.

Om erfeniswor­tels te kweek is groot pret, en geel, wit, pers en ’n reënboogkl­eur-mengsel is te kry by Living Seeds (livingseed­s.co.za).

 ??  ??
 ??  ?? Stuur inligting en vrae na tuine@tuis.co.za.
Stuur inligting en vrae na tuine@tuis.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa