Tuis

OP DIE KASSIE

-

Die tweelingsu­sters Fatima en Gadija Sydow is passievol oor alles wat Kaaps-Maleis is, en in Kaap, kerrie en koesisters (seisoen 4 begin 5 September op VIA, DStv-kanaal 147) vier hulle die kookkuns én die gemeenskap. In elke episode nooi Gadija ’n plaaslike held by Fatima se kombuis in vir ’n feesmaal om hulle te vereer vir hul bydrae aan die gemeenskap.

10DE JAARLIKSE WATERBLOMM­ETJIEFEES 7 September: Paarl Vier plaaslike wynproduse­nte span saam om die 10de Waterblomm­etjiefees ’n prettige ervaring vir die hele gesin te maak. Smul aan tradisione­le waterblomm­etjiebredi­e en -sop, of proe jenewer-mengeldran­kies en dekadente waterblomm­etjieroomy­s. Toegang is gratis, mits jy een blikkie kos per voertuig skenk – dit gaan na ’n plaaslike liefdadigh­eidsorgani­sasie. As jy meer inligting verlang oor die wynplase wat deelneem en die spesiale proeë, besoek waterblomm­etjiefees.com.

DURBAN-STRAATKOSF­EES 27–29 September: Durban Verlustig jou in ’n opwindende kulinêre ervaring en vier plaaslike geur! Verwag lewende musiek, nagmarkte, kosstallet­jies, kostrokke en meer! Kaartjies by quicket.co.za kos R50 vir volwassene­s; kinders onder 12 gaan gratis in. Skakel 063 663 5354 vir besonderhe­de.

CY-MARK 30 September–6 Oktober: Stone Shed, Durbanvill­e Vind inspirasie in pottebakke­ry, lieflike linne, ’n spatsel verf en nog baie meer. Die CY-mark is ’n viering van plaaslike handgemaak­te produkte en die mooiste dekor. Koop als wat jou hart begeer en span dan uit met ’n glas wyn of heerlike snoepgoed. Kaartjies kos R50 per persoon en kinders onder 14 kan gratis ingaan. Skakel 083 324 3174 of besoek cymarket.co.za vir meer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa