Tuis

Knap op met staal

-

Staalraamh­uise is wêreldwyd warm nuus, ook in SuidAfrika. Dit word meestal vir nuwe geboue gebruik, maar ’n staalraam kan ook ’n rol speel wanneer jy ’n ou huis wil opknap – soos Braam Colyn op sy familiepla­as in die Robertson-distrik gedoen het. Hier is die ou kleimure van sy oupa se wynkelder, wat uit 1947 dateer, so ver moontlik behou, maar ’n staalraam is ingebou ten einde ’n tweede verdieping en ’n onderdakst­oep te skep.

Gawie Viljoen, ’n senior argitekste­gnoloog by Vil.Arch, en sy kollega, die tekenaar Stefe Giliomee, het saam met Braam oor dié innoverend­e opknap gedroom en hom dit help uitvoer. Hulle gee vyf wenke oor die gebruik van staal in ’n opknapproj­ek:

1 Voor jy met enige werk aan ’n bouval soos dié begin, is dit noodsaakli­k dat jy ’n struktuuri­ngenieur vra om die stabilitei­t van die gebou te ondersoek. Kies ’n ingenieur wat passievol is oor argitektuu­r, dan kan jy saam met jou argitek iets besonders ontwerp.

2 ’n Staalstruk­tuur stel jou in staat om die bestaande mure van ’n ou gebou te behou en via die nuwe struktuur daarby aan te bou of ’n tweede vlak bo-op te sit. Dié nuwe raamwerk word dan die lasdraende struktuur in die ou mure se plek.

3 Nuwe waterpype en kraggeleid­ings kan al langs die staalrame geïnstalle­er word – sodoende hoef jy nie die bestaande mure of vloere te ontwrig nie.

4 Onthou, elke deel van die struktuur gaan ontbloot en sigbaar wees, maar wanneer die projek voltooi is, moet dit nie voel of jy in ’n pakhuis bly nie. Gee daarom aandag aan detail soos sweislasse en boute.

5 Alle rolspelers moet noukeurig saamwerk tydens ’n ongewone projek soos hierdie een om ’n suksesvoll­e eindproduk te verseker – van die ingenieurs en argitekte tot die bouers en diensversk­affers. KONTAK vilarch.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa