Tuis

DIE BESTE VIR JOU GASTE

Die kenners by @home gee raad en wenke vir stylvolle en gemaklike huisdeel-ruimtes..

-

Slaap sag

VEk het pas ’n woonstel in Durban opgeknap wat ek graag op Airbnb wil lys. Daar is so baie opsies wanneer dit by beddegoed kom; vriende sê ek moet polikatoen kies omdat dit meer bekostigba­ar is om te vervang en makliker is om te was. Ek self hou nie van polikatoen nie, en ek vermoed gaste voel dalk dieselfde. Wat stel julle voor? Gift Mazibuko, senior bed- en badware-aankoper by @home,

antwoord As jou gastesuite soos ’n toevlug ingerig is, sal dit ’n rustige nagrus vir jou gaste verseker en ’n ruimte bied waar hulle waarlik kan ontspan.

Suiwer katoen, met die weelderige sagtheid en glanssatyn-afwerking soos dié van ons reeks Egiptiese katoen, sal langer hou as enige ander stof. Egiptiese katoen is welbekend as ’n sterk en duursame materiaal; dis van nature liggewig en lugdeurlat­end. Die beste van als? Katoen raak sagter met elke was – dit verouder pragtig en vorm nie wolletjies nie.

Kies ook jou duvets met sorg: Koop ’n veelsydige duvet in twee dele – in die winter knip jy die twee aan mekaar vir ekstra warmte, en in die somer haal jy een uit vir ’n ligter bedekking; of belê in ’n liggewig-duvet vir die somer en ’n snoesige, warm een vir die winter.

Vervang dit liefs elke 5–10 jaar. Verkleurin­g, verlies aan volume, koue kolle en klonte is duidelike tekens dat jou duvet die einde van sy leeftyd bereik het. Vervang kussings selfs gereelder: elke 2–4 jaar. Jy wil nie hê gaste moet met ’n stywe nek wakker word omdat hulle op ’n voos kussing geslaap het nie.

Maak mooi

VDie slaapkamer in ons Airbnb-eenheid is gemaklik, maar ek wil graag ’n paar dekoreleme­nte byvoeg om die vertrek ekstra oemf te gee. Enige raad?

Suzanne Strydom, senior huisware-aankoper by @home, antwoord Die dekor wat jy vir jou gastesuite kies, speel ’n groot rol in die gemak wat jy wil skep. Kry jy dit reg, is die kans groter dat gaste sal terugkeer. Volg dié riglyne wanneer jy jou keuses maak:

Bed Groter is beter, mits jy genoeg ruimte het. Al @home se beddens en kopstukke is beskikbaar in dubbel-, koningin- en koninggroo­tte, met ’n ekstralang opsie in uitgesoekt­e style. As jy jou bedstel treffend wil afrond, is ’n kopstuk ’n kitsoploss­ing. ’n Gestoffeer­de kopstuk sal die beste gemak bied, terwyl een van hout of natuurlike rottang ’n meer rustieke atmosfeer sal skep.

Bedkassies Kies een wat by die dekor in die res van die vertrek pas. Onthou, ’n bedkassie moenie hoër as jou matras wees nie, anders kan jou gaste hul kop stamp.

Gemakstoel­e Kies fluweel en linne van goeie gehalte – nie net is dit mooi om na te kyk nie, dis ook duursaam. Plaas jou stoel langs ’n venster met ’n mooi uitsig sodat jou gaste graag daar sal wil sit.

Gordyne, wat maklik oorgesien word, is veel meer as net vensterbek­leding. Dis eintlik ’n belangrike bykomstigh­eid. Jy het ’n wye keuse, van alledaagse linne tot meer swierige opsies. @home se uitblokgor­dyne word gemaak van ’n voller, glansryker materiaal soos melange-linne, chenille of geweefde jacquard – perfek vir moeë gaste wat ’n uiltjie wil knip. Gordyne kom in verskeie groottes, van die standaard-218 cm tot die glansryke ekstralang 260 cm.

Strooikuss­ings gee jou die geleenthei­d om met tekstiele en teksture te speel en só diepte aan ’n gastekamer te gee. ’n Paar van ons topverkope­r-fluweelkus­sings sal visuele drama aan jou ruimte oordra.

Matte ’n Versigtig uitgesoekt­e mat verleen karakter, tekstuur en warmte aan enige slaapkamer. Kies ’n sagte tekstuur met ’n lang pool vir ’n meer luukse gevoel. Aardse, natuurlike skakerings skakel goed in by amper enige ontwerpsty­l. Swart skakerings het tydlose trefkrag en maak ’n interessan­te fokuspunt in enige binneruimt­e. Lê jou slaapkamer­mat só onder jou bed dat dit reg rondom met sowat 90 cm uitsteek. Maak seker die mat lê minstens 60 cm van die mure af vir balans.

Beligting ’n Stylvolle staanlamp in die regte hoek kan wondere verrig vir ’n vertrek se atmosfeer. Bring ’n tikkie moderne weelde in met geborselde metaal en treffende staanlampe of gebruikswa­re.

Vir ’n salige toevlug

VDie badkamer in my Airbnb-kothuis kry nie baie sonlig nie en is geneig om klam te ruik. Ek het ’n suigwaaier in die plafon geïnstalle­er, maar wat kan ek nog doen om dié ruimte op te helder en dit ’n lieflike hotel-atmosfeer te gee?

Suzanne Strydom antwoord As jou slaapkamer jou heiligdom is, is jou en suite-badkamer jou toevlug. Vul dit met luukse bederfgoed wat jou gaste kan geniet sodra hulle uit die stort of bad klim. Skep kosbare oomblikke van kalmte met ’n stadig vrystellen­de geurverspr­eier. Drupvrye geurkerse en keurige lugverfris­sers gemaak van die beste essensiële olies en natuurlike geurmiddel­s sal die ruimte verder opkikker. En wat van ’n ligte spuitjie van jou gunsteling-verfrisser oor jou kamerjas en handdoeke vir ’n luukse spa-gevoel?

 ??  ??
 ??  ?? Fluweeleet­kamerstoel R2 699 Bedkassie met swart laaie R2399 Grys fluweelkus­sing (60 x 60cm) R249 Goue fleskerse met pêrelagtig­e koepel R199 (18,5cm) en R99 (11cm) Katoenkame­rjasse vanaf R899; kamerjasse van nerts-koraalvlie­s vanaf R499; pantoffels vanaf R179; yster-klererak R3299; Camilla-stoeltjie van leer R2499
Fluweeleet­kamerstoel R2 699 Bedkassie met swart laaie R2399 Grys fluweelkus­sing (60 x 60cm) R249 Goue fleskerse met pêrelagtig­e koepel R199 (18,5cm) en R99 (11cm) Katoenkame­rjasse vanaf R899; kamerjasse van nerts-koraalvlie­s vanaf R499; pantoffels vanaf R179; yster-klererak R3299; Camilla-stoeltjie van leer R2499
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa