Tuis

Tyd vir ’n ondersoek?

-

Cindy van Zyl van Pretoria skryf Is dit regtig nodig om my troeteldie­re vir jaarlikse ondersoeke veearts toe te neem, veral wanneer hulle nog jonk en klaarblykl­ik gesond is?

Dr. Barry Dallas, veterinêre adviseur by Hill’s Pet Nutrition,

antwoord ’n Navorsings­verslag deur Hill’s Pet Nutrition South Africa het getoon dat die helfte van troeteldie­reienaars nie hul diere gereeld veearts toe neem vir ondersoeke of inentings nie, en meer as ’n derde net veearts toe gaan wanneer hul troeteldie­r sigbare beserings of tekens van siekte toon.

Ek glo wel nie dis as gevolg van ’n gebrek aan liefde vir ons troeteldie­re nie; dit dui eerder op ons bedrywige leefstyl. Tog is dié syfers kommerwekk­end. Troeteldie­re kan ons so goed flous wanneer dit kom by pyn en siekte wegsteek. Hulle maak uitsluitli­k op ons staat om na hulle om te sien, en buiten voedsame kos, liefde, ’n verrykende omgewing, gereelde oefening en ’n veilige en warm plek om te leef, moet jaarlikse ondersoeke ’n prioriteit wees.

As mense wag ons nie tot iets groots skeel voor ons dokter toe gaan nie; ons laat doen gereeld ondersoeke, cholestero­ltoetse en dies meer. So hoekom wag tot wanneer daar ernstig fout is voor jy jou troeteldie­r veearts toe neem? Voorsorg is beter as nasorg en dis soveel minder stresvol om jou hond of kat vir ’n gereelde ondersoek te neem as om later verskeie behandelin­gs te laat doen, wat op die ou end baie meer kan kos.

Daar’s nog ’n rede waarom SuidAfrika­ners nie hul troeteldie­re veearts toe neem nie. Ons leef in ’n tyd wanneer inligting onmiddelli­k beskikbaar is. Met die druk van ’n knoppie kan jy ’n “diagnose” vir ’n simptoom vind. Maar die internet wemel van verkeerde inligting en om so in isolasie na enige simptome te kyk, kan gevaarlik wees. Jou veearts het al die ervaring vir ’n holistiese en omvattende benadering.

Alhoewel dit goed is om te sien dat net meer as 50% van die respondent­e glo hul troeteldie­r se inentings is belangrik en dit getrou jaarliks laat doen, bly 27% in gebreke, terwyl ’n kommerwekk­ende 20% hul troeteldie­re laas laat inent het toe hulle klein was.

KONTAK hillspet.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa