Tuis

Bome van die jaar

-

In Suid-Afrika is boomplantd­ag die eerste keer in 1983 gevier om klem te plaas op die waarde van bome as bronne van boumateria­al, kos en medisyne, asook op die rol wat hulle in die gesondheid en welsyn van ons gemeenskap­pe speel. In 1999 is dit uitgebrei tot Nasionale Boomplantw­eek, van 1 tot 7 September.

Twee Bome van die Jaar word elke jaar aangewys; hier is vanjaar se keuses: Die maroela (Sclerocary­a birrea) kom wydverspre­id voor in Afrika, van Ethiopië tot KwaZulu-Natal. Dis een van die makliker inheemse bome om te kweek, al is dit ’n stadige groeier. Dis ’n mediumgroo­t tot groot bladwissel­ende boom vir rypvrye gebiede, met ’n regop stam en geronde kroon. ’n Boom dra óf manlike óf vroulike blomme, en waar die manlike blomme stuifmeel vorm, ontwikkel die vroulike blomme vrugte. Bestuiwing geskied deur insekte. Die vrugte is eetbaar, hetsy vars of as ’n jellie, en ’n maroela-likeur is in die handel beskikbaar. Die hout word gebruik vir meubels, vloere, kerfwerk en huishoudel­ike gereedskap. Die appelblaar (Philenopte­ra violacea) se grasieuse groeiwyse, bleek loof en pragtige blomme maak dit ’n aanwins in enige tuin. Dié mediumgroo­t tot groot, bladwissel­ende tot semi-bladwissel­ende boom met sy digte, geronde kroon is rypsensiti­ef, maar droogtebes­tand. Van September tot Desember dra dit trosse wit tot bloupienk of mauve tot donker-violet blomme met ’n soet geur, gevolg deur plat saadpeule. Die hout word gebruik vir kerfwerk, pale en in tradisione­le geneesmidd­els. >> Deur Kay Montgomery

 ??  ?? Maroelavru­gte
Maroelavru­gte

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa