Tuis

[JEAN SE TUINWENKE]

-

My leuse is: Voetspore in die tuin is die beste voeding! – Jean

“Ek het nie baie tuinwenke nie,” sê Jean. “En ek maak nie volgens die boek tuin nie. Ek stap soggens met my koppie tee deur my tuin en bekyk alles. So sien ek wat gedoen moet word. Ek glo wel aan deklae en om plante gereeld met kompos te voed. Om plante terug te sny is vir my lekker en dit is goed vir hulle. Dit stimuleer nuwe groei en die plante floreer.”

Wat Jean se rose betref, volg sy nie ’n spesiale versorging­sprogram nie. “Ek spuit dit van tyd tot tyd met Rosecare teen siektes. Die struike word met kompos by hul wortelarea gevoed en kry soms Nitrosol of van die kunsmis wat ons op die plaas gebruik,” sê sy. “Ek kyk eintlik maar hoe die rose lyk en besluit dan wat hulle nodig het. Ons wag tot die ergste koue verby is en snoei eers in Augustus. Nadat die struike gesnoei is, strooi ek ’n eetlepel epsomsout om die stamme. Dit is seker net ’n storie, maar ek doen dit nogtans! In die lente gee ons die rose goed water, maar sodra ons goeie reën kry, doen ons dit net in droë tye.

“Die een ding waarvan ek regtig hou, is om steggies en plante uit te deel aan vriende of besoekers wat na my tuin kom kyk. Op dié manier help ek hulle om hul tuine te ontwikkel en so word ’n mens onthou. As jy ’n tuinier is, dink jy altyd aan toekomstig­e generasies en hoop hulle sal die tuin en plante net soveel soos jy waardeer.” >>

My tuin is my vreugde. Hier vergeet ek van die wêreld se sorge en voel ek één met die natuur. – Jean

 ??  ?? Kalifornie­se papawers (Eschscholz­ia californic­a)
Kalifornie­se papawers (Eschscholz­ia californic­a)
 ??  ?? Japannese blomkersie (Prunus serrulata ‘Ichiyo’)
Japannese blomkersie (Prunus serrulata ‘Ichiyo’)
 ??  ?? Baardangel­iere (Dianthus barbatus)
Baardangel­iere (Dianthus barbatus)
 ??  ?? Dié Japannese blomkersie is oor die 60 jaar oud. Kleinwilde­tabak (Silene undulata)
Dié Japannese blomkersie is oor die 60 jaar oud. Kleinwilde­tabak (Silene undulata)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa