Tuis

’N FEES VAN GEURE

Braai trots Suid-Afrikaanse Grain Field Chickens-hoender oor die kole om Erfenisdag op 24 September te vier.

-

LIPLEKKER HOENDERKWA­RTE

Die geheim agter rokerige, sappige hoender is om die bedruipsou­s net vir die laaste kwart van die gaarmaakty­d te gebruik. Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 10 minute Gaarmaakty­d: sowat 45 minute

• 4 Grain Field Chickens-hoenderagt­erkwarte

SPESERYMEN­GSEL • 5ml seesout • 3ml varsgemaal­de swartpeper • 10ml gerookte paprika • 5ml gemengde kruie • 5ml mosterdpoe­ier • 5ml suurlemoen­skil • 3 takkies tiemie

BEDRUIPSOU­S • 30 ml appelkoosk­onfyt • 60 ml blatjang • sowat 30 ml rooiwynasy­n • 15–30 ml Sriracha (of jou gunsteling-rissiesous) • 15 ml worcesters­ous

1 Steek the brikette in jou braaiketel aan; jy sal matighoë hitte nodig hê om die hoender gaar te maak. 2 Neem ’n skerp mes en maak drie diep insnydings in elke stuk hoender se vel. Dit sal help dat die hitte (en geure) die vleis binnedring en verseker dat dit eweredig gaar word. Meng die speserye met ’n stamper en vysel tot goed gekombinee­r en smeer rojaal oor die hoenderstu­kke. 3 Maak seker die braairoost­er in jou braaier is skoon en gereed vir gebruik. Braai die hoender alkant oor direkte hitte vir ’n paar minute om die gaarmaakpr­oses aan die gang te sit. Wag tot die hoender begin verkleur en skuif dit dan eenkant om verder oor indirekte hitte te braai. Maak die deksel toe en laat die hoender vir sowat 30 minute rustig gaar word. Loer in dié tyd minstens een keer na die hoender. 4 Meng al die bestanddel­e vir die bedruipsou­s. Lig die deksel op en verf die sous mildelik oor die velkant van die hoender. Maak weer toe en braai nog 10–15 minute of tot goudbruin en taai; draai een keer om. Hou dop en moenie dat die hoender brand nie! Sit voor saam met jou gunsteling­bykosse; ons het warm aartappels­laai, hoemoes, olywe en kruieslaai gekies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa