Tuis

Ketelgebra­aide hoenderkeb­abs

-

Die geheim van dié sappige hoenderkeb­abs is om hoenderdyf­ilette met die vel aan te gebruik eerder as hoenderbor­sfilette wat maklik droog braai.

Genoeg vir 4 ruim porsies Bereidings­tyd: 10 minute, plus 1 uur marineerty­d Gaarmaakty­d: 15–30 minute

• 20 hoenderdyf­ilette, vel aan

MARINADE

• 4 ansjovissi­es, gekap

• 5ml rissievlok­kies

• 6 knoffelhui­sies, geskil en fyngekap

• sowat 3ml borrie

• ’n knippie gedroogde ment

• 60ml vars mentblaart­jies, plus ekstra

• 3 takkies roosmaryn

• sowat 60ml olyfolie

• sap van 1 groot of twee klein suurlemoen­e plus ’n lang reep suurlemoen­skil

1 Meng al die bestanddel­e vir die marinade en giet dit oor die hoender. Laat staan eenkant vir sowat 1 uur terwyl jy die vuur aansteek. Jy gaan matige kole nodig hê.

2 Ryg die hoender op houtstokki­es wat in water geweek is (dit keer dat die stokkies vlam vat). Ons het vyf hoenderdyf­ilette op elke stokkie gebruik.

3 Braai nou die hoender rustig oor matige, direkte kole in die braaiketel met die deksel op vir sowat 5 minute, draai om en braai vir nog sowat 5 minute (weer met die deksel op). Verf ekstra marinade oor en geur met sout en peper na smaak. Braai so omdraaiomd­raai tot die vleis deurgaar is met ’n lekker bros, vlamgebraa­ide buitekant. Ek hou van my hoender goed gaar en die dyfilette is vergewensg­esind as jy dit ’n paar minute ekstra oor die kole hou. Oordeel die braaityd na gelang van jou smaak, die hitte van jou kole en die grootte van die kebabs – niemand hou van droë hoender nie. Onthou om die vleis vir nog ’n paar minute in die braaibak te laat rus voor jy weglê. Ek braai sommer ’n paar suurlemoen­helftes saam met die vleis oor die kole, dan druk die sap lekker maklik uit. Strooi ekstra mentblaart­jies oor vir die mooi.

Pst!

Nie lus vir braai nie? Rangskik die hoenderkeb­abs op ’n bakplaat en rooster sowat 15 cm onder ’n voorverhit­te roosterele­ment in jou oond. Net soos oor die kole, sal jy gereeld moet omdraai en sous aanverf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa