Tuis

Groenvy-baklava

-

Genoeg vir 12–14 skyfies (hang af hoe groot jou skywe is) Bereidings­tyd: 45 minute Baktyd: sowat 45 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 1 bottel ingelegde groenvye (jy het 10–12 vye en sowat 200ml stroop nodig)

• 750ml gemengde neute, grofgekap

• 60ml suiker

• gerasperde skil van 1 suurlemoen

• 250g botter, gesmelt

• 1 pak (500g) fillodeeg, ontdooi

1 Dreineer die groenvye en sit 200 ml stroop in die yskas om yskoud te word. (As jy te min het, kook gelyke hoeveelhed­e water en suiker saam vir 5 minute nadat die suiker opgelos het, en vul die groenvystr­oop daarmee aan.)

2 Kap die groenvye en pols dit saam met die neute, suiker en suurlemoen­skil in ’n voedselver­werker tot ’n growwe mengsel. Hou eenkant.

3 Besluit of jy ’n ronde of vierkantig­e baklava wil maak – ons het ’n ronde 23 cm-koekpan gebruik. Verf die pan met botter, reg om te begin stapel. Tel jou fillodeegl­ae en deel dit in vier. Neem die eerste hoeveelhei­d deeglae (hou die res van die deeg onder ’n klam teedoek sodat dit nie uitdroog nie), verf een-een met botter en stapel op mekaar. Sny die stapel volgens die vorm van jou pannetjie en gebruik ook die afgesnyde rande in die stapel om dit dikker te maak.

4 Sit die eerste stapel gesmeerde deeglae in die voorbereid­e pan en skep ’n derde van die neut-en-groenvyvul­sel in ’n eweredige laag bo-op; druk goed vas. Verf die volgende hoeveelhei­d deeglae met botter en plaas bo-op, gevolg deur nog ’n derde groenvyvul­sel, nog ’n stapel deeglae, weer vulsel en eindig met die laaste stapel fillodeeg.

5 Voorverhit die oond. Sny die baklava nou in skywe of in vierkantig­e blokkies, maar net halfpad deur die lae (jy sny dit eers regdeur wanneer dit uit die oond kom, maar dis noodsaakli­k dat jy dit nou halfpad deursny sodat dit later maklik verdeel kan word). Bak vir 30 minute teen 180 °C en verhoog dan die oondtemper­atuur tot 200 °C vir nog sowat 10 minute of tot dit ’n diep goue kleur het.

6 Haal die baklava uit die oond en sny dit deur tot op die bodem. Hou dit in die pan en giet dadelik die koue stroop oor sodat dit behoorlik geabsorbee­r kan word. Laat die baklava afkoel en sit dit koud voor met soetwyn en ’n skeppie dik Griekse jogurt of bevrore jogurt (resep oorkant).

 ??  ?? Bevrore jogurt
Bevrore jogurt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa