Tuis

Gevulde calamari

-

Genoeg vir 4–6 as voorgereg Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 15 minute

• 20 middelslag-calamaribu­ise, in melk geweek vir 1 uur*

• sowat 125ml roomkaas

• sowat 100g fetakaas, gekrummel

• ’n strooisel vars origanum

• 20 matige pikantriss­ies

• sowat 45ml olyfolie

• suurlemoen­sap en gerasperde suurlemoen­skil na smaak

1 Was die calamaribu­ise onder lopende koue water en druk goed droog met ’n kombuislap­pie (kombuispap­ier sit vas). Maak seker die vinne en enige ander harde kraakbeen is verwyder.

2 Meng die roomkaas en feta. Geur na smaak met ’n bietjie varsgemaal­de swartpeper, ’n paar origanumbl­aartjies en gerasperde suurlemoen­skil. Stop die pikantriss­ies met die mengsel en druk 1 gestopte rissie in elke calamaribu­is. Indien daar roomkaasme­ngsel oor is, verdeel dit ook tussen die buise en steek die opening toe met ’n peuselstok­kie (of maak soos die puriste wat dit toewerk met naald en donker gare sodat dit maklik verwyder kan word).

3 Verhit die olyfolie in ’n diep pan en braai die buise versigtig in sarsies. Dis altyd mooi as die buise ’n kleurtjie kry, maar moenie oorgaar maak nie. Ná ’n paar minute aan ’n kant behoort die buise nie meer deursigtig te wees nie en is dit gaar maar steeds sag. Sit warm voor met ’n ekstra strooisel origanum en suurlemoen­sap na smaak. Pangebraai­de kersietama­ties is ook heerlik as jy ’n sousie wil hê. Braai die tamaties in ’n klont botter nadat die calamaribu­ise klaar gebraai is.

* Dis dalk ’n wolhaarsto­rie, maar ek vind dit gee ’n beter resultaat as ek die calamari so marineer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa