Tuis

GEMAAK OM TE DEEL

Bederf jou geliefdes met sappige, veelsydige Suid-Afrikaanse vark.

-

VARKSTEAKS MET TAMATIE EN OLYWE

Dié vinnige weeksaand-gereg is so indrukwekk­end, jy kan dit selfs aan gaste voorsit!

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: sowat 35 minute

• 4–6 varksteaks

• 15ml balsemieka­syn

• 45ml olyfolie

• 4 baba-soetrissie­s, ontpit en gesny

• 250ml langkorrel­rys, geweek en gedreineer

• sowat 250ml aftreksel, warm

• 1 blik (410g) tamaties

• 250ml pitlose swart olywe

• 100g feta, gekrummel

• sowat 125ml vars basilie en platblaarp­ietersieli­e, gekap

1 Sny enige oortollige vet van die steaks af (mik na ’n eweredige rand nie dikker as 1 cm nie). Vryf nou die vleis in met die balsemieka­syn en 5 ml van die olyfolie; laat dit vir sowat 10 minute eenkant staan om te marineer.

2 Verhit dan ’n riffelpan tot lekker warm. Skroei die steaks oraloor tot dit mooi swart lyntjies het en die buitekante goudbruin is. Geur met sout en peper en verwyder die pan van die hitte.

3 Verhit die res van die olyfolie in ’n pan met ’n deksel en braai die soetrissie­s tot geurig. Voeg die rys by en roerbraai tot oraloor met olie bedek. Voeg die aftreksel, tamaties en olywe by en roer. Rangskik die gebraaide vark bo-op die geurige rys, bedek en laat stoom vir sowat 15 minute. Vul die vloeistof aan indien nodig. Haal die deksel af, proe die rys; indien nodig, laat stoom vir nog 5 minute of tot die rys sag is. Sit voor met die feta en kruie bo-oor gesprinkel.

Varksteaks het min vet en is vinnig en maklik om gaar te maak. – Tuis se kosredakte­ur, Johané Neilson

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa