Tuis

VARKLIES, TWEE KEER IN DIE POT

-

Dié tegniek, waar jy ’n gaar varklies platdruk voor jy dit glaseer, maak die vleis maklik om mee te werk en o, so lekker!

Genoeg vir 4–6 • Bereidings­tyd: 50 minute, plus verkoeltyd oornag Gaarmaakty­d: 3½ uur Oondtemper­atuur: 160 °C

• 1,5kg ontbeende varklies, vel verwyder (sien kassie)

• sowat 15ml olyfolie KOOKVLOEIS­TOF

• 1 klein ui, grofgekap

• 3 knoffelhui­sies, gekneus

• 5ml elk vinkel- en koljanders­aad, gerooster

• 3 takkies origanum

• ’n knyp rissievlok­kies

• 500ml natuurlike soet wyn

• 100ml wit balsemieka­syn GLASEERSEL

• 250ml kookvloeis­tof

• 30ml heuning

• 15ml worcesters­ous

• ’n skeut vissous (opsioneel)

1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Sny die varklies in kwarte en pak knus in ’n oondpan. Voeg die kookvloeis­tof-bestanddel­e by, maak toe met ’n deksel of foelie en rooster vir 3 uur.

2 Haal die vark uit die oond en laat dit afkoel. Lig die vleis uit die kookvloeis­tof (dié gooi jy deur ’n sif en hou eenkant) en sit dit op ’n bord wat met kleefplast­iek uitgevoer is. Bedek met nog ’n laag kleefplast­iek en sit nog ’n bord of ’n kapplank bo-op; druk dit verder plat met blikkiesko­s. Verkoel dié stapel oornag.

3 Maak die glaseersel Meng al die bestanddel­e in ’n klein kastrol en laat dit kook oor hoë hitte; roer totdat dit met die helfte ingekook het.

4 Glaseer die vark Sny elke platgedruk­te vleiskwart in drie stukke sodat jy 12 stukke het. Verhit die olie in ’n swaarboomp­an en braai die vleis tot oraloor bruin. Smeer met die glaseersel en soteer tot gekaramell­iseer.

5 Sit die taai varklies voor met knoffel-kapokaarta­ppels, brosgebraa­ide kekerertji­es en growwe tzatziki met pitabrood vir ’n Griekse fees. Of kies jou gunsteling-stysel: Romerige kapokaarta­ppels, polenta of pap smaak vorentoe saam met die taai vark en geroosterd­e groente of slaai daarby.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa