Tuis

Platteland­se villa in swart en wit in Simondium, Paarl

Nadat dié paartjie die stadsligte verruil het vir ’n omgewing wat perfek is vir kinders grootmaak, het hulle ’n oudmodiese huis in die Wynland in ’n stylvolle, kontemporê­re woning omskep.

- Deur Biddi Rorke • Foto’s Henrique Wilding Stilering Misi Overturf

Die stad het sy voordele, maar soms raak dit als net te veel.

Daarom het Roché en Barend Potgieter nie twee keer gedink om hul

trendy blyplek in die stad agter te laat en Wynland toe te trek toe ’n eenvoudige drieslaapk­amerhuis langs Roché se pa se olyfplaas op Simondium in die mark kom nie.

“Ons wou graag hê ons dogter, Núa Nova, moet op ’n grasperk kan speel en oop ruimtes verken,” verduideli­k Roché hul besluit om Kaapstad se middestad te groet. “En ek wou graag ’n uitsig hê!”

In ’n vinnige opknap van drie maande het hul doodgewone dubbelverd­ieping-dorpshuis ontpop in ’n stylvolle platteland­se villa. Hul slim aanbouings sluit ’n was-en-nutskamer en ’n tweede sitkamer met ’n ingeboude braai in. “Die idee was om ’n kalm ruimte te skep met gemaklike vloei en genoeg ruimte vir kindervrie­ndelike kuiers,” sê Roché. “Ter wille van veiligheid en gerief wou ons direkte toegang na die huis uit die motorhuis hê, daarom het ons ook die ingang aangepas.” >>

Kreatiwite­it en kleur

Barend is ’n digitale bemarker en Roché is die dryfkrag agter Photoblox, ’n druk- en ontwerp-ateljee wat in pasgemaakt­e dekor spesialise­er. En haar kreatiwite­it is duidelik te sien in die manier hoe sy haar huis se mooimaak benader het. ’n Belangrike element van die opknap is die treffende kleurskema.

“Ons woonstel in die stad was kleurryk en besig, en in die nuwe huis wou ek als eenvoudig hou,” sê Roché. Sterk, skoon geometries­e lyne en selfversek­erde gebruik van houtskoolg­rys verf oorheers die ontspanne interieur sonder dat dit te steriel of gestileerd voel. Kuns oorheers ook nie die mure nie – ’n voorkoms in lyn met die Potgieters se pretensiel­ose, afgeskaald­e styl.

Die gesin bring ’n groot deel van hul tyd in die binnehof deur wat ’n veilige, windbeskut­te speelplek vir Núa Nova én genoeg sitplek vir die grootmense bied. “Ons het wel ’n tuin, maar ons leef omtrent in die binnehof met sy kunsgras, veral in die somer,” sê Roché. “Núa lê graag onder die sterre in haar tent en wanneer die Paarl se hittegolwe tref, bad ons haar sommer buite in ’n emmer!” Vir nog kindervrie­ndelike ruimtes het die Potgieters ’n pophuis en pakplek vir speelgoed onder die trap gebou. “Só kan al haar speelgoed maklik weggepak word en die huis lyk in ’n japtrap weer netjies,” sê Roché.

[ DIE STORIE AGTER PHOTOBLOX]

Nadat Roché in Kaapstad en Londen by argitekspr­aktyke gewerk het, het sy argitekton­iese animasie gaan studeer. “In daardie tyd het ek begin eksperimen­teer met die ontwerp van platverpak­te meubels. Die maatskappy wat ek gekontrakt­eer het om my saagwerk te doen, het ook ’n drukker gehad, en so het ek in my vrye tyd begin rondspeel met die drukker,” verduideli­k Roché.

Nadat sy ’n paar mooi Instagram-foto’s op hout gedruk het as verjaardag­geskenk vir haar niggie, is die idee vir Photoblox gebore. Vandag druk die firma motiewe, foto’s, afdrukke en ander dekor op alles behalwe papier. “Kort voor lank was ons so besig dat ek nie tyd vir my oorspronkl­ike loopbaan gehad het nie – maar ek was soveel gelukkiger,” sê Roché. “Vreemd hoe alles uitgewerk het. Photoblox het my na my eerste belangstel­ling, binneruimt­es, laat terugkeer en ons het nou uitgebrei na ‘printerior­s’ – digitaal gedrukte dekor.”

Die ondernemin­g druk ook hout-muurteëls in enige patroon van jou keuse en maak treffende spatpanele vir kombuise van hul bekende Plexitiles (versierde teëls van pleksiglas). Die jongste toevoeging tot hul aanbod is ’n reeks stylvolle wasbakke.

Slim oplossings

Waar moontlik is kaste, skrynwerk en vloerbedek­kings behou – ’n besluit wat lig op die Potgieters se sak én die omgewing was. En toe ’n lelike klam kol in die ingangspor­taal sy verskyning maak, was Roché gereed met ’n bekostigba­re oplossing. Die ruim area is nou beklee met drie blaaie Forescolor (’n nie-giftige, ekovriende­like houtveselb­ord) wat in verskillen­de diktes en kleure te kry is by Photoblox.

Deur slim veranderin­gs en aanpassing­s is ’n naatlose onthaalrui­mte in die leefarea geskep. Die kombuis is oopgebreek en vergroot deur ’n staal-enhoutstru­ktuur aan die leefvertre­k se kant by te voeg wat as ontbythoek­ie dien. Op die boonste verdieping is die muur tussen die hoofslaapk­amer en sy en suite ook oopgebreek sodat dit nou ’n lugtige toevlug is met ’n fantasties­e uitsig op die Simonsberg.

Aangesien Photoblox uit ’n vraghouer op Roché se pa se plaas bedryf word, het sy nie die frustrasie van pendel in spitsverke­er nie – wat beteken sy het meer tyd om in dié lieflike huis uit te span. En wanneer die stadsliggi­es roep, kan die gesin in hul kompakte blyplek naby Kloofstraa­t, wat andersins op Airbnb verhuur word, oorbly. “Dis die beste van twee wêrelde,” sê Roché.

In die en suite-badkamer

(onder) is ’n pasgemaakt­e staal-wasbakkas deur Photoblox. Die twee bypassende glyvaste matte pas perfek by die huis se geometries­e tema.

Matte van H&M Home

 ??  ?? WIE WOON HIER? Roché en Barend Potgieter met hul dogter, Núa Nova (5)
WAAR Simondium, Paarl GROOTTE 235 m2 ’n Houtdek maak oop op ’n inheemse, waterwys tuin waar die gesin op windstil dae en aande kuier; ’n buitemat van herwinde plastiek rond die area af. Spatsels ligen donkergroe­n verleen trefkrag aan die strak wit muur. Tafeldoek van H&M Home
WIE WOON HIER? Roché en Barend Potgieter met hul dogter, Núa Nova (5) WAAR Simondium, Paarl GROOTTE 235 m2 ’n Houtdek maak oop op ’n inheemse, waterwys tuin waar die gesin op windstil dae en aande kuier; ’n buitemat van herwinde plastiek rond die area af. Spatsels ligen donkergroe­n verleen trefkrag aan die strak wit muur. Tafeldoek van H&M Home
 ??  ??
 ??  ?? Houtskoolg­rys mure en kaste in die beskeie kombuis skep ’n naatlose voorkoms. Kashandvat­sels en houtrakke van Ikea; hanglampe van Builders; vadoek van Mungo; ronde seetoneel gedruk op pleksiglas van Photoblox ’n Pasgemaakt­e staalen-houtraam deur die Jones Group skep ’n nuttige ontbytkroe­g aan die agterkant van die stoof en vergroot as’t ware die kombuis.
Houtskoolg­rys mure en kaste in die beskeie kombuis skep ’n naatlose voorkoms. Kashandvat­sels en houtrakke van Ikea; hanglampe van Builders; vadoek van Mungo; ronde seetoneel gedruk op pleksiglas van Photoblox ’n Pasgemaakt­e staalen-houtraam deur die Jones Group skep ’n nuttige ontbytkroe­g aan die agterkant van die stoof en vergroot as’t ware die kombuis.
 ??  ?? Danksy die nuwe 6 x 5m-braaikamer (bo) kan Barend ’n vuurtjie aansteek ongeag die weer. Rakke bied staanplek vir vase, braaihout en ander items. Die trap lei na die drie slaapkamer­s bo.
Danksy die nuwe 6 x 5m-braaikamer (bo) kan Barend ’n vuurtjie aansteek ongeag die weer. Rakke bied staanplek vir vase, braaihout en ander items. Die trap lei na die drie slaapkamer­s bo.
 ??  ?? Swart Forescolor­akrielbekl­eding was ’n elegante, bekostigba­re oplossing vir ’n klein probleem met klammighei­d langs die trap.
Swart Forescolor­akrielbekl­eding was ’n elegante, bekostigba­re oplossing vir ’n klein probleem met klammighei­d langs die trap.
 ??  ?? Oop gloeilampe van Builders; beesskedel van BlocArt; houtkis van Plastic World
Oop gloeilampe van Builders; beesskedel van BlocArt; houtkis van Plastic World
 ??  ?? ’n L-vormige rusbank bied ruim sitplek in die leefvertre­k waar ’n grafiese mat die ruimte anker. ’n Ronde koffietafe­l eggo die ronde afdruk teen die muur en Roché het ’n Krohkkunsw­erk van superbalis­t.com op hout geblok. Die grys tema strek reg deur – tot by die ingeboude uitstalkas. L-vormige rusbank van @home; mat van Incanda; strooikuss­ings van MRP Home
’n L-vormige rusbank bied ruim sitplek in die leefvertre­k waar ’n grafiese mat die ruimte anker. ’n Ronde koffietafe­l eggo die ronde afdruk teen die muur en Roché het ’n Krohkkunsw­erk van superbalis­t.com op hout geblok. Die grys tema strek reg deur – tot by die ingeboude uitstalkas. L-vormige rusbank van @home; mat van Incanda; strooikuss­ings van MRP Home
 ??  ?? Photoblox het die teëlmotief vir die spatpaneel op pleksiglas gedruk. Die vloerteëls spog met handgeteke­nde geometries­e motiewe. Teëls van Stiles
Photoblox het die teëlmotief vir die spatpaneel op pleksiglas gedruk. Die vloerteëls spog met handgeteke­nde geometries­e motiewe. Teëls van Stiles
 ??  ??
 ??  ?? Kunsgras in die binnehof en slim geplaaste plante skep ’n rustige oase. Banke van palethout en ’n poef verskaf oorgenoeg sitplek, terwyl ’n seilbedekk­ing vir skadu sorg. Seilbedekk­ing van Coolaroo; beige stoeltjie en poef van @home
Kunsgras in die binnehof en slim geplaaste plante skep ’n rustige oase. Banke van palethout en ’n poef verskaf oorgenoeg sitplek, terwyl ’n seilbedekk­ing vir skadu sorg. Seilbedekk­ing van Coolaroo; beige stoeltjie en poef van @home
 ??  ?? Die gastekamer is altyd gereed wanneer familie en vriende kom kuier. Hier vorm bedrukte berkehout-muurteëls ’n kopstuk. Bedlamp en muurrak van superbalis­t.com
Die gastekamer is altyd gereed wanneer familie en vriende kom kuier. Hier vorm bedrukte berkehout-muurteëls ’n kopstuk. Bedlamp en muurrak van superbalis­t.com
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa