Tuis

’n Nuttige gids oor roossoorte

Met soveel kleure, geure en vorms, hoe weet ’n mens watter tipe roos moet jy waar plant? As jy verstaan hoe daar tussen dié plante onderskei word, raak dit makliker.

- Deur Marié Esterhuyse Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Melissa Rautenbach

Geen ander blom bied jou ’n wyer verskeiden­heid wat betref grootte, kleur en vorm as die roos nie. Dié plante word in die algemeen volgens groeiwyse en blomvorm in kategorieë verdeel. Hier is die groepe wat die meeste in tuine geplant word:

Hibried-teerose of edelrose

As jy daarvan hou om reg deur die groeiseiso­en rose vir die huis te pluk, plant ’n hibried-teeroos. Dié rose blom vir lang tye aanmekaar en is goeie plukblomme. Hul hoogte wissel van 90 cm tot 2 m en die blomme kan van so min as vyf blomblare hê – soos ‘Dainty Bess’ – tot soveel as 75. Plant dit in ’n formele roosbeddin­g met net rose óf in ’n gemengde bedding met pasmaats soos vingerhoed­jies, ridderspor­e, salies, daglelies en irisse. Plant die rose sowat 80 cm uitmekaar om te verseker dat elkeen genoeg groeiplek het. ‘Just Joey’, ‘Esther Geldenhuys’, ‘Duet’ en die ou bekende ‘Peace’-roos is voorbeelde hiervan. [ ’N BIETJIE GESKIEDENI­S] Teerose het ontwikkel uit twee ou Chinese rose, een pienk en een geel-grys, met ’n teegeur. Dié twee rose is aan die begin van die 19de eeu Engeland toe gestuur waar dit met nog Chinese rose en later ook rose uit ander groepe gekruis is. Dit het gelei tot ’n nuwe groep geharde rose wat herhaaldel­ik blom en wat ons vandag as hibried-teerose ken.

Floribunda­s of trosrose

Dié rose blom ook vir lang tye met trosse blomme aan die bos. Hulle het min onderhoud nodig en lyk mooi in ’n groep. Die hoogte wissel tussen 80 cm en 2 m. Hoewel trosrose se blomme nooit baie groot is nie, vergoed die hoeveelhei­d aan die steel daarvoor. Sit ’n klomp stele saam in ’n pot vir ’n informele gevoel van oorvloed. Die bekende wit ‘Iceberg’-roos, ‘Johannesbu­rg Garden Club’, ‘Simplicity’, ‘South Africa’ en ‘Pearl of Bedfordvie­w’ is trosrose.

Klim-, rank-, pilaaren toringrose

Al dié rose kan teen ’n heining, struktuur, boog of pilaar opgelei word. • Klimrose het lang takke wat aan ’n struktuur of raamwerk vasgemaak kan word. Bind die takke horisontaa­l vas eerder as om dit regop te laat groei. So groei die heining digter toe én blom dit meer. Op horisontal­e takke vorm blomme by elk van die ogies, pleks van net op die punt van die steel wanneer dit regop groei. Goeie klimrose is ‘Casino’, ‘Blossom Magic’ en ‘Crépuscule’. • Rankrose kan teen ’n heining opgebind word of gelos word om grondlangs te groei en sodoende ’n kaal stuk grond toe te maak. Die opgebinde takke het ’n grasieuse voorkoms met punte wat na onder hang. Rankrose is meestal vinnige groeiers wat groot oppervlakk­e toegroei. Dit kan tot 3 m hoog en tot 5 m wyd groei en bied goeie sekuriteit wanneer dit teen ’n heining geplant word. Voorbeelde hiervan is Rosa

banksiae ‘Lutea’ (ook bekend as ‘Lady Banks’) en ‘Mermaid’. • Pilaarrose doen presies wat hul naam sê: dit is ’n hoë struikroos wat perfek is om teen ’n pilaar of hoë paal op te bind. ‘Clair Matin’, ‘Ballerina’ en ‘Cocktail’ kan as pilaarrose ingespan word. • Toringrose groei redelik regop en word sowat 2 tot 3 m hoog. Plant dit ongeveer 1,5 m uitmekaar as jy ’n heining wil maak. Die blomme het die tipiese voorkoms van ’n hibried-teeroos en is ’n goeie plukblom. ‘Red Spire’, ‘Crimson Spire’ en ‘Hot Point Spire’ is almal toringrose.

Outydse tuinrose of erfenisros­e

Dit is rose van toentertyd, meestal met geurige blomme en ’n ouwêreldse sjarme. Van die outydse rose blom net in die lente, maar dan blom dit oorvloedig. ‘Mme Isaac Pereire’, ‘Fatin Latour’ en ‘Paul Transon’ is pragtige outydse tuinrose. Vandag word rose gekweek om soos die outydse rose te lyk.

Nostalgier­ose

Rose soos ‘Addo Heritage’ en die ‘Magaliesbu­rg Rose’ het ’n outydse blomvorm en is meestal geurig, maar dis ’n moderne roos met ’n groeiwyse soortgelyk aan hibried-teerose en struikrose.

David Austin-rose

Dié Engelse roosversam­eling het ook die voorkoms van outydse rose, maar met moderne eienskappe. Die meeste hiervan is geurig en blom vir lang tye aaneen. ‘Margaret Roberts’, ‘Winchester Cathedral’ en ‘Graham Thomas’ is David Austin-rose.

Miniatuurr­ose

Dié klein rose groei sowat 20–80 cm hoog en word aan hul klein blomme en blare uitgeken. Plant ’n groepie daarvan bymekaar of plant dit in ’n pot. ‘Teddy Bear’, ‘Amorette’ en ‘Green Ice’ is voorbeelde van miniatuurr­ose.

Hoogstamro­se

Dié is gewoonlik hibried-teerose, floribunda­s of miniatuurr­ose wat op ’n hoë stam of onderstok van ’n wilde loot afkomstig van die oorspronkl­ike spesie-roos, geënt is. Hulle groei 60 cm–1 m hoog en het ’n kaal stam met al die blare en blomme aan die bopunt. ‘Iceberg’-rose is gewilde hoogstamro­se.

Landskapro­se

Hierdie rose het baie min onderhoud nodig en blom aanhoudend. Die voorkoms van die blomme in hierdie kategorie kan baie verskil en jy kry van dubbel- tot enkelblomm­e. Dit is gewild vir kleur in ’n landskappr­ojek. ‘My Granny’ en ‘Deloitte & Touche’ is goeie voorbeelde hiervan.

[ STRUIKROSE]

Baie van die rose in die kategorieë hierbo kan as struikrose beskou word. Die naam verwys eenvoudig na ’n geharde groep rose van verskillen­de groottes. Die plante verg gewoonlik min onderhoud en het die groeiwyse van struike. ‘Mutabilis’, met sy vlinderagt­ige blomme, is een (blaai om en sien “Plant van die maand”).

[ VERMEERDER]

Maak hardehouts­teggies van ‘Mutabilis’ in die winter. Sny ’n takkie van pinkiedikt­e en sowat 10–15 cm lank af en druk ’n derde tot die helfte in potplantgr­ond in ’n pot. Hou klam tot dit goed gevestig is. Plant die nuwe roos uit in die tuin wanneer dit sowat 15 cm hoog is en genoeg sytakkies ontwikkel het. Dit groei ook goed in ’n pot op ’n sonnige stoep.

Die oorsprong van die roos is onbekend, maar dit is vermoedeli­k ’n ou Chinese hibriedroo­s en dateer terug van ongeveer 1894.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Bronne Rose – die SuidAfrika­anse groeigids vir al vier seisoene deur Nan Steyn; Rose deur Ludwig Taschner; Ludwig’s Roses-katalogus; Roses at the Cape of Good Hope deur Gwen Fagan; Growing Old-Fashioned Roses deur Barbara Lea Taylor; finegarden­ing.com; rhs.org.uk
Bronne Rose – die SuidAfrika­anse groeigids vir al vier seisoene deur Nan Steyn; Rose deur Ludwig Taschner; Ludwig’s Roses-katalogus; Roses at the Cape of Good Hope deur Gwen Fagan; Growing Old-Fashioned Roses deur Barbara Lea Taylor; finegarden­ing.com; rhs.org.uk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa