Tuis

Sjokolade-oliebolle, stap vir stap

Dié deeg kry bakpoeier pleks van gis, wat beteken g’n gewag dat dit rys voor jy kan diepbraai nie.

- Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r

Maak minstens 12 oliebolle Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 30 minute

• 4 x 250ml (560g) meel • 60ml (25g) kakao • 15ml bakpoeier • ’n knippie sout • 80ml karringmel­k • 125ml botter, gesmelt • 4 eiers • 180ml (150g) suiker • groenteoli­e vir diepbraai • versiersel van jou keuse

3 Verwyder die plastiek en rol die deeg sowat 1,5 cm dik uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Druk sirkels uit met ’n 5 cm- ronde koekiedruk­ker en sny dan ’n gaatjie in elkeen met ’n 2 cm- ronde koekiedruk­ker. Rol die klein bolletjies mooi rond en braai hulle ook, of maak saam met die oorskietde­eg plat om nog oliebolle uit te sny.

1 Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Meng die karringmel­k en botter in ’n tweede bakkie en hou gereed. Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig. Klits nou eers die karringmel­kmengsel by die eiermengse­l, en meng dan die meel by om ’n gladde deeg te vorm.

2 Vorm die deeg in ’n plat skyf en bedek met kleefplast­iek. Verkoel in die yskas vir 30 minute. Dié stap is opsioneel, hoewel verkoeling die deeg fermer en makliker maak om mee te werk, terwyl die plat vorm beteken die deeg is sommer gereed vir rol wanneer dit uit die yskas kom.

4 Verhit die olie in ’n diep kastrol. Gebruik ’n stukkie oorskietde­eg om die temperatuu­r te toets – sodra dit begin dryf en borrels maak, is die olie reg. Braai twee of drie bolle op ’n slag tot alkant gaar en uitgerys. Reguleer die temperatuu­r en draai die hitte af as dit lyk of die oliebolle te vinnig braai. Dit moet deurgaar bak in die olie. Dreineer op kombuispap­ier en herhaal tot al die deegringe en -bolletjies gebraai is.

5 Versier! Doop jou oliebolle in gesmelte sjokolade, glaseersel, karamel of kaneelsuik­er. Jy kan so rojaal of eenvoudig mooimaak soos jy wil. Geniet die oliebolle so gou moontlik nadat hulle gebak is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa