Tuis

Raad Vra die kenners

Wil jy meer weet oor inspirasie­borde of beplan jy ’n nuwe kombuis-uitleg? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgestel deur Desiree Hartney

Vir al my idees

Danielle Brown van Blouberg skryf Dankie vir die uitstekend­e TV-program

1,2,3 fixit! Ek was baie beïndruk met die huiseienaa­r, Annelie Carstens, se inspirasie­borde. Ons beplan self ’n paar opknapproj­ekte en ek wil ook borde maak om struktuur te gee aan al my idees. Hoe moet ek te werk gaan?

Die dekorkenne­r en stilis Kim Bougaardt antwoord ’n Inspirasie­bord is ’n waardevoll­e hulpmiddel met foto’s en selfs lapmonster­s wat die voorkoms en styl uitbeeld wat jy graag in ’n bepaalde ruimte wil skep. Volg dié stappe wanneer jy ’n inspirasie­bord maak: 1 Kies jou formaat Karton ’n Inspirasie­bord hoef nie ’n regte stuk karton soos Annelie s’n te wees nie, maar met dié metode het jy die plesier van ’n tasbare ervaring – as jy byvoorbeel­d lapmonster­s of plakpapier insluit, kan jy daaraan voel. Dis ’n uithaal-en-wysvoorste­lling van hoe die vertrek op die ou end sal lyk. Pinterest Dié digitale platform is die beste opsie as jy nie lus het vir “spoeg en plak” nie. Maar pasop, die magdom inspireren­de foto’s wat in dié app beskikbaar is, kan jou oorweldig. En onthou, die kans is goed dat baie afwerkings en toebehore wat jy sien, nie noodwendig in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Verskillen­de borde op Pinterest kan jou aan die begin van die proses help om makliker besluite te neem; daarna kan jy jou keuses verfyn en een finale bord vir jou droomproje­k opstel. Indien jy ’n groot onthulling beplan, maak jou borde privaat. Andersins kan jy dit oopstel sodat jou vriende in die pret kan deel. Ander digitale opsies Probeer kreatiewe hulpmiddel­s soos SketchUp, of apps soos Morpholio Board, Adobe Spark, Milanote of Canva.

2 Bepaal jou styl Wanneer jy foto’s – uit tydskrifte soos Tuis of van jou reise – en lap- of teëlmonste­rs of verfkaarte begin bymekaarma­ak, besef jy dalk jy hou van ’n verskeiden­heid style. Die aardse keistene in ’n romantiese agterplaas maak dalk jou innerlike Frankofiel wakker, terwyl ’n Art Deco-stoel in gestreepte lap dalk jou prettige sy verklap. Gelukkig is eklekties ook ’n styl, en dis presies hoekom ’n inspirasie­bord so ’n uitstekend­e hulpmiddel is. Kies en bêre alles wat jou opval en begin elimineer dan. Só kan jy eksperimen­teer met kleure, teksture en aksente voor jy jou beursie uithaal. En onthou, al het jy nou nog daardie stel nestafeltj­ies uit die vyftigerja­re wat jy by jou gunsteling-tannie geërf het, hoef jou hele ruimte nie in daardie styl ingeklee te wees nie. Die foto’s wat jy bymekaarma­ak, sal boekdele spreek – luister na hulle!

3 Kies jou gunsteling-elemente Wanneer jy jou inspirasie­bord saamstel, fokus op een groter foto wat die beste by jou visie pas, en bou die res van die elemente soos meubels, beligting, dekor bykomstigh­ede en aksentkleu­re daarrondom. Wanneer dit tyd raak vir inkopies sal dié foto jou help om jou visie aan verskaffer­s te verduideli­k. Neem ’n foto van jou hele bord sodat dit altyd byderhand is en jy op detail kan inzoem.

4 Kleur is belangrik Jou kleurkeuse kan ’n vertrek maak of breek. Versamel kleurkaart­e by ysterwarew­inkels en plak dit op jou bord. Maak ook dubbel seker van die name van verfkleure wat jy in tydskrifte raaklees, maar onthou: Die hoeveelhei­d en soort lig wat jou vertrek kry, sal beïnvloed hoe daardie kleur in jou eie ruimte gaan lyk.

5 Implemente­ring Wanneer jy klaar is met jou inspirasie­bord, kan jy begin kyk na monsters vir teëls en ander hardeware soos deurknoppe of vinielvloe­re wat jy kan huis toe neem sodat jy kan sien hoe dit vertoon in die ruimte waar dit gebruik sal word. Toets dit in verskillen­de tipes lig, veral verfkleure. En wanneer jy toetsblokk­e teen ’n muur verf, maak seker dis minstens 50 x 50 cm groot. As jy tevrede is, laat waai! KONTAK kimbou007@gmail.com

 ??  ?? Annelie se inspirasie­borde, soos gesien op die TV-program 1,2,3 fixit!, was ’n mengsel van foto’s met aantekenin­ge oor fokuseleme­nte wat sy in haar eie huis wou hê.
Annelie se inspirasie­borde, soos gesien op die TV-program 1,2,3 fixit!, was ’n mengsel van foto’s met aantekenin­ge oor fokuseleme­nte wat sy in haar eie huis wou hê.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa