Tuis

Opknap Trek weg of maak reg?

Die residensië­le argitek Minky Lidchi het van haar dapperste idees ingespan om ’n donker ruimte met ’n ongemaklik­e uitleg te omskep in ’n helder blyplek, perfek vir gesellige kuiers en skoene uitskop.

- Deur Lianne Burton • Foto’s: Martin Hahn

Só knap jy ’n klein ruimte op

Wanneer jou ruimte knap is, word jou prioriteit­e beproef en moet jy toegewings maak. Maar beperkings lei tot kreatiewe oplossings! Die soms uitdagende proses van ’n opknap kan jou dikwels ’n duideliker visie vir ’n ruimte gee.

Die gesoute opknapper Minky Lidchi gee die volgende raad: • Beplan so groot moontlik binne jou beperkings. Dink lank, hoog, breed ... Waar kan ek oopmaak? • Wees prakties Kies materiale wat beter raak hoe ouer dit word. ’n Mens se tyd is net te kosbaar om dit aan onnodige onderhoud te bestee. • Werk slim met geld My klante vra gereeld hoekom die begroting vir vensters en deure so hoog is. Ek sê dan dis omdat die uitsigte en natuurlike lig verniet is. • Beperk materiale Ek probeer alles vereenvoud­ig. Kies minder soorte afwerkings en maak seker dit sluit naatloos by mekaar aan vir eenvormigh­eid. • Skep pakplek Al die donker hoekies in dié huis is gebruik vir pakplek. Ek kies sover moontlik oop bêreplek met instap-toegang. Dis ruim en spaar jou die uitgawe van kasdeure.

Waar baie argitekte verkies om nuwe geboue te ontwerp, is Minky Lidchi van Johannesbu­rg gaande oor ’n opknap. Selfs as student in haar vierde jaar het sy besluit om ou plaasgebou­e op te meet vir haar argitektuu­r-projek.

Minky het haar huis in Fresnaye, Kaapstad, in 2011 gekoop nadat sy jare lank na ’n beskeie losstaande huis in ’n goeie buurt op soek was. Met al hoe meer klante in Kaapstad, het dit sin gemaak om te belê in ’n tweede eiendom wat sy ook kan verhuur.

Die aanvanklik­e plan was om ’n tweede vlak by die kompakte huis uit die 1930’s te voeg ten einde die uitsigte te benut, maar praktiese oorwegings het haar gedwing om weer te dink. “Ek het ’n visie van ’n groot huis gehad – toe halveer ek dit,” sê Minky.

Sy het die huis se 180 m²-voetspoor behou en haar eie leuse toegepas: Kry eerstens duidelikhe­id oor die doel, en kyk dan na die poëtika. Minky het binne ’n oggend ’n eenvoudige plan met die hand opgetrek. Deur die fasade gelyk met die motorhuis uit te bou, het sy van ’n onprakties­e voordeur ontslae geraak en 15 m² spasie gewen. >>

Die huis word so doeltreffe­nd moontlik verkoel en verhit met plafonwaai­ers, dubbele isolasie in die dak, en dubbelglas­vensters en deure wat regoor mekaar geplaas is vir kruisventi­lasie. –

Minky Lidchi

Planne in aksie

“’n Tuiste moenie ’n vertoonstu­k wees nie,” sê Minky. “Ek is altyd bewus van hoe ek in ’n ruimte woon; hoe die gebou in wisselwerk­ing is met die aarde, die lug, die lig. Dis hoekom ek begin deur op papier te teken. Ek vra myself af: Wat het ek regtig nodig?”

Simmetrie, hoogte, volume, uitsig en lig was van die grootste belang en Minky het besluit om haar ruimte in die lengte af in twee verskillen­de sones te verdeel: een as openbare sone, die ander privaat.

Vir eersgenoem­de is verskeie klein vertrekke, waaronder twee slaapkamer­s, ’n gang, sitkamer en ingangspor­taal oopgemaak om ’n naatlose kombuis-eet-sitkamer te skep wat lieflik ineenvloei met die nuwe dek buite.

Sy het ook die dak in die openbare ruimtes ontbloot, wat meer visuele eenvormigh­eid skep. Daarbenewe­ns is die huis se verhewe syingang, met ’n uitsig op die see, in ere herstel. >>

Slim toegewings

Minky moes tevrede wees om net “stukkies” berg en see te sien, pleks van die panoramies­e 360-grade-uitsig wat sy in gedagte gehad het. “Dis ’n baie knap erf en ek moes die nabyheid en privaathei­d van bure oorweeg,” verduideli­k sy. “Ek het openings geskep waar die uitsigte op hul beste is en enige probleem-areas toegemaak.”

Ander toegewings moes in die private sone gemaak word. Hier het Minky ’n opwasplek ingeboet ter wille van ’n studeerkam­er, en een badkamer prysgegee. Die studeerkam­er deel nou via ’n tweede deur ’n badkamer met die gastekamer. “Klein ruimtes moet buigsaam wees,” voeg sy by. “My studeerkam­er kan byvoorbeel­d ’n slaapkamer word.” Wonder bo wonder het sy plek gemaak vir twee ruim slaapkamer­s, elk met ’n en suite-badkamer en aantrekkam­er.

Deur al die onnodige detail, van vloerlyste tot stortdeure, weg te neem en een duidelike visuele behandelin­g deur die hele huis toe te pas, het sy ’n uiters aanloklike, vreedsame ruimte geskep.

“Ek is gaande oor die kleiner gebou,” sê sy. “Dit voel groot dog intiem. Ek het ’n beskeie huis geneem en sy potensiaal tot die maksimum ontgin.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LEEFAREA ’n Ingeboude kaggel is die fokuspunt in dié ruimte. Minky se raad is dat jy die plasing van jou meubels in gedagte moet hou wanneer jy op ’n kaggel se posisie moet besluit – rig dit in as ’n knus bymekaarko­mplek. ’n Geverfde baksteenom­randing skep eenvormigh­eid in teksture. Die installeri­ng was wel ’n uitdaging, want die ingenieurs moes die vloerplank­e uitsaag en die vloer versterk; ’n glasplaat op die vloer beskerm die hout. Links daarvan is ’n TV weggesteek en regs vergroot ’n lang staanspieë­l die ruimte. Bouwerk deur Viljoen Project Management; kaggel van J. Macdonald and Sons
LEEFAREA ’n Ingeboude kaggel is die fokuspunt in dié ruimte. Minky se raad is dat jy die plasing van jou meubels in gedagte moet hou wanneer jy op ’n kaggel se posisie moet besluit – rig dit in as ’n knus bymekaarko­mplek. ’n Geverfde baksteenom­randing skep eenvormigh­eid in teksture. Die installeri­ng was wel ’n uitdaging, want die ingenieurs moes die vloerplank­e uitsaag en die vloer versterk; ’n glasplaat op die vloer beskerm die hout. Links daarvan is ’n TV weggesteek en regs vergroot ’n lang staanspieë­l die ruimte. Bouwerk deur Viljoen Project Management; kaggel van J. Macdonald and Sons
 ??  ?? DEK
’n Ruim nuwe balau-dek rondom ’n groot boom vergroot die leefareas en bied berg- en see-uitsigte. Aluminiumh­ortjies reg deur die huis laat lug in én bied privaathei­d en veiligheid. Hortjies van Taylor Blinds
DEK ’n Ruim nuwe balau-dek rondom ’n groot boom vergroot die leefareas en bied berg- en see-uitsigte. Aluminiumh­ortjies reg deur die huis laat lug in én bied privaathei­d en veiligheid. Hortjies van Taylor Blinds
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KOMBUIS
Pakplek is belangrik in dié oopplankom­buis. Mooigoed word uitgestal, terwyl alledaagse benodigdhe­de weggepak kan word. Pasgemaakt­e kaste deur Christophe­r Johnson
KOMBUIS Pakplek is belangrik in dié oopplankom­buis. Mooigoed word uitgestal, terwyl alledaagse benodigdhe­de weggepak kan word. Pasgemaakt­e kaste deur Christophe­r Johnson
 ??  ??
 ??  ?? STUDEERKAM­ER
Minky se studeerkam­er maak oop op ’n helder, smal stoep wat na die dek lei. Die vloere van Oregondenn­ehout in die leefruimte en studeerkam­er is gelap en wit geverf vir ’n moderne voorkoms wat terselfder­tyd die verskillen­de houtafwerk­ings in die oorspronkl­ike vertrekke verbloem.
Ter wille van haar sak en die omgewing het Minky besluit om dié onvolmaakt­hede te aanvaar pleks van ’n nuwe vloer in te sit. In teenstelli­ng daarmee het sy moderne muurproppe gekies wat aansluitpr­oppe en lelike kabels uitskakel. Waar moontlik is die growwe tekstuur van die baksteenwe­rk in die huis beklemtoon pleks van dit af te vlak.
Lessenaar en kopsteun van Amatuli
STUDEERKAM­ER Minky se studeerkam­er maak oop op ’n helder, smal stoep wat na die dek lei. Die vloere van Oregondenn­ehout in die leefruimte en studeerkam­er is gelap en wit geverf vir ’n moderne voorkoms wat terselfder­tyd die verskillen­de houtafwerk­ings in die oorspronkl­ike vertrekke verbloem. Ter wille van haar sak en die omgewing het Minky besluit om dié onvolmaakt­hede te aanvaar pleks van ’n nuwe vloer in te sit. In teenstelli­ng daarmee het sy moderne muurproppe gekies wat aansluitpr­oppe en lelike kabels uitskakel. Waar moontlik is die growwe tekstuur van die baksteenwe­rk in die huis beklemtoon pleks van dit af te vlak. Lessenaar en kopsteun van Amatuli
 ??  ?? HOOFSLAAPK­AMER
Die hoofslaapk­amer was oorspronkl­ik ’n beknopte kombuisie met klein vensters wat nie die uitsig benut het nie, en ’n badkamer langsaan. Minky het die twee ruimtes verbind vir ’n en suite met ’n groot venster wat op die systoep uitkyk en ’n aantrekkam­er in die donkerder hoek. Vloer-tot-plafonalum­iniumhortj­ies en glasdeure vou heeltemal weg om die slaapkamer met die dek te verbind. Die bedkassie is ’n rysmandjie wat Minky in die Filippyne gekoop het. >> Stoel en bankie van Amatuli; deure en vensters van Ambassador Doors & Windows
HOOFSLAAPK­AMER Die hoofslaapk­amer was oorspronkl­ik ’n beknopte kombuisie met klein vensters wat nie die uitsig benut het nie, en ’n badkamer langsaan. Minky het die twee ruimtes verbind vir ’n en suite met ’n groot venster wat op die systoep uitkyk en ’n aantrekkam­er in die donkerder hoek. Vloer-tot-plafonalum­iniumhortj­ies en glasdeure vou heeltemal weg om die slaapkamer met die dek te verbind. Die bedkassie is ’n rysmandjie wat Minky in die Filippyne gekoop het. >> Stoel en bankie van Amatuli; deure en vensters van Ambassador Doors & Windows
 ??  ?? GASTEBADKA­MER
Die stort is oop, wat ’n gevoel van ruimte versterk. Gepleister­de, watervaste baksteenwe­rk (geverf om by die mure te pas) versteek die toilet- en kraanmegan­ismes en bied ook pakplek. Oppervlakk­e in die stort is effens skuins sodat water kan afloop. Pebble-wasbak van Amatuli; Hansgrohe-krane en -toebehore van Classic Trading
GASTEBADKA­MER Die stort is oop, wat ’n gevoel van ruimte versterk. Gepleister­de, watervaste baksteenwe­rk (geverf om by die mure te pas) versteek die toilet- en kraanmegan­ismes en bied ook pakplek. Oppervlakk­e in die stort is effens skuins sodat water kan afloop. Pebble-wasbak van Amatuli; Hansgrohe-krane en -toebehore van Classic Trading
 ??  ?? GASTEKAMER
GASTEKAMER
 ??  ?? Agter ’n groot spieël bo die wasbak is ’n rak van 80mm diep en ’n kragpunt vir ’n skeermes; ekstra toiletroll­e pas in die wasbakkas se laai.
Agter ’n groot spieël bo die wasbak is ’n rak van 80mm diep en ’n kragpunt vir ’n skeermes; ekstra toiletroll­e pas in die wasbakkas se laai.
 ??  ?? Die grootste uitdaging? Die naatlose afvlakvloe­re in die badkamers moes ’n paar keer oorgedoen word om die regte kleur en tekstuur te verkry, asook om die borrels en krake weg te werk. Minky maan dat dit belangrik is om enige kontrakteu­r wat vloere afvlak, se verwysings deeglik na te gaan.
Die grootste uitdaging? Die naatlose afvlakvloe­re in die badkamers moes ’n paar keer oorgedoen word om die regte kleur en tekstuur te verkry, asook om die borrels en krake weg te werk. Minky maan dat dit belangrik is om enige kontrakteu­r wat vloere afvlak, se verwysings deeglik na te gaan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa