Tuis

Oktober-flitse

-

1–5: Deel die pret by die Mariki-mark by die Marietjie-skool in Secunda. Toegang is gratis, so bring die hele gesin om die handgemaak­te produkte en tuisgemaak­te lekkernye te geniet. Skakel 082 410 0306 vir nog.

5–6: Besoek die Italiaanse Klub in Kaapstad vir alles wat Italiaans is – kos, wyn, mode, motors ... Geniet die proeë en kookdemons­trasies. Kaartjies kos R80 vir volwassene­s, R55 vir pensioentr­ekkers en skoliere, en kinders onder 12 gaan gratis in. Skakel 021 511 5956. 11–13: Hyde Park Corner in Johannesbu­rg se dak word weer omskep in ’n lus vir die oog tydens die Sanlam Handmade Contempora­ry Fair, met innoverend­e ontwerpe deur voorste kreatiewe geeste. Skakel 011 447 3868. November se Tuis is op die rakke! 14:

19–20: As jy in eiendom wil belê, of wil verkoop of huur, is die Johannesbu­rg Property Buyer Show by die Sandton-uitstalsen­trum vir jou. Hier vind jy die grootste eiendomsha­ndelsmerke, ontwikkela­ars en meer onder een dak. Kry jou kaartjie by quicket.co.za teen R80. Besoek thepropert­yshow.co.za.

25–27: By die 4de jaarlikse Art Franschhoe­k kan jy uitsien na ’n naweek van kuns en uitstallin­gs. Drentel deur die galerye langs

Franschhoe­k se hoofweg, of besoek plaaslike wynplase met skouspelag­tige kunsversam­elings. Sien franschhoe­kart.co.za vir die volledige program.

26: Vanjaar vier Algoa FM 21 jaar van die Big Walk for Cancer in Port Elizabeth. Bring hulde aan enigeen wat deur dié siekte geraak word deur deel te neem aan die wedloop. Dit begin by die Boardwalk. Sien meer by algoafm.co.za. 29 Okt.–1 Nov.: Doen jou Kersinkopi­es

vroeg by die Delmas-Kersmark in Mpumalanga. Snuffel deur ’n verskeiden­heid handgemaak­te geskenke terwyl die kinders speel. Skakel 082 928 4317.

29 Okt.–2 Nov.: Koop handgemaak­te mooigoed by die Marktfees in Port

Elizabeth. Bring die hele gesin vir heerlike lekkernye en meer. Toegang kos R20. Skakel 083 321 5118.

29 Okt.–3 Nov.: KAMERS/Makers Stellenbos­ch is terug by Blaauwklip­pen Vineyards waar meer as 160 uitstaller­s hul dekor, ontwerp en kunsvlyt aanbied. Koop jou kaartjie aanlyn teen R70 by plankton.mobi of R95 by die ingang. Besoek kamersvol.com.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa