Tuis

TYD VIR IETS NUUTS

Milestone Kitchens se veelsydige losstaande eenhede hou jou kombuis byderwets – en skep ’n praktiese, hardwerken­de ruimte.

-

Kort jou kombuis ’n nuwe baadjie? Met vandag se immer veranderen­de neigings en die klem op buigsaamhe­id is ’n dinamiese kombuis wat by jou behoeftes, ruimte en styl kan aanpas ’n moet – en Milestone Kitchens het die oplossing.

Uniek aan Milestone Kitchens is dat jou kaste nie teen die mure vasgesit word nie. Daarom kan jy dit verander en aanpas by jou gesin, jou huis en jou begroting. Elke meubelstuk word sorgvuldig gemaak uit ’n kombinasie van soliede hout en Supawood, en kan in die kleur van jou keuse geverf

word of geskuur en oorgeverf word indien jy oor ’n paar jaar ’n veranderin­g soek. In ’n gewone kombuis sou dit moeilik wees omdat die eenhede onskuifbaa­r is en aan mekaar én die muur vas is.

Die kombuis hierbo spog met drie aparte eenhede: ’n hoek-, wasbak- en muureenhei­d wat almal met wit verf vernuwe is. Die werkblaaie van soliede hout is ook afgeskuur en oorgeverf. Dié aanpasbaar­heid beteken nie net jy kan na hartelus meng, pas, rondskuif en verkoop nie, maar jy kan jou kombuis ook só verander dat dit perfek by die res van jou huis inskakel namate dit oor die jare verander. En danksy die veelsydige ontwerpe kan jy die eenhede gebruik soos en waar dit jou pas.

Noudat al hoe meer mense oopplanrui­mtes verkies, is Milestone Kitchens se eenhede ideaal omdat dit volgens jou bepaalde behoeftes gemaak word. Besoek milestonek­itchens.co.za om al die reekse te sien, klik op die styl waarvan jy hou en kies die toepaslike eenhede. En moenie vergeet van die aanlyn-beplanner nie – dit sal jou help om jou kombuis na jou smaak uit te lê.

 ??  ?? Silvia Miles, eienaar en direkteur van Milestone Kitchens, het besluit haar eie plek kort vernuwing – en kyk net hoe lyk dit nou!
Silvia Miles, eienaar en direkteur van Milestone Kitchens, het besluit haar eie plek kort vernuwing – en kyk net hoe lyk dit nou!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa