Tuis

Die ideale kombuis-uitleg

-

Sandra Wessels van Makhanda skryf Ons beplan om ’n huis op ons familiepla­as te bou en al gaan dit nie groot wees nie, wil ons steeds seker maak die kombuis is goed beplan, aangesien ons baie van ons tyd daar gaan deurbring. Enige raad? Bron wyn Shell, bemarking s konsultant vir The Eclipse Group, antwoord Goeie werkvloei, ruimte-benutting en gemaklike beweging is die drie sleutel-elemente van ’n praktiese kombuis. As jy al drie in ag neem, sal jou kombuis in al jou behoeftes voorsien.

1 Werkvloei Dink in die vroeë beplanning­sfase aan die tipiese prosesse in die kombuis. ’n Goed beplande kombuis kan jou lewe soveel makliker maak. As jy beplan om kos en skoonmaakm­iddels in verskillen­de sones te akkommodee­r, en dele wil afbaken vir voorbereid­ing, kook en skoonmaak, sal jy jou tyd in die kombuis meer geniet, want dan sal alles op die regte plek wees. ’n Werkvlak met ’n toegewyde bereidings­area moet minstens 90 cm breed en verkieslik tussen die stoof en wasbak wees.

2 Ruimte Vereistes vir pakplek hang af van jou leefstyl, hoe groot jou gesin is, hoeveel jy kook en jou koopgewoon­tes. Maak seker jy beplan genoeg plek vir al jou kombuiswar­e, kruidenier­sware en toestelle. Met die regte bêreplekop­lossings kan jy heelwat ruimte benut wat andersins verlore sou gaan. Laaie pleks van onderkaste met rakke skep toeganklik­e pakplek en jy hoef nie laag af te buk om binne-in te sien of artikels daaruit te haal nie.

3 Beweging Besoek toonlokale – só kry jy ’n goeie idee van hoe die kaste werk. Meubels wat maklik oopmaak en sagkens toegly, dra alles by tot ’n pragtige, praktiese kombuis. >> KONTAK eclipsegro­up.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa