Tuis

Leer respek en begrip

- Jane van der Berg van Johannesbu­rg skryf

Ek is ’n laerskoolo­nderwyser en wonder watter lesse ons die kinders oor honde kan leer, want dit lyk of baie van hulle nie eintlik weet hoe om dié diere te hanteer nie.

Joanna Banks van die Dogtownhon­deskuiling antwoord Dis kommerwekk­end dat bykans die helfte van alle kinders teen die ouderdom van 12 al deur ’n hond gebyt is. In baie gevalle kon dit vermy gewees het as mense net besef waartoe hul handelings kan lei. Ons hoor selfs hoe ouers vertel dat hulle hul hande in die hond se kosbak kan druk terwyl hy eet. Eintlik het jy net gesonde verstand nodig om te weet watter optrede daartoe kan lei dat ’n hond ’n kind byt; dis dikwels soortgelyk aan die dinge wat mense laat voel hulle kort ’n blaaskans en moet net ’n slag wegbreek van hul stresvolle lewe. Kinders moet die volgende begryp: • Baie gebare wat ons mense as vriendelik beskou, soos drukkies gee, is nie iets waarvan honde hou nie, tensy hulle opgelei is om sulke intieme hantering te verduur. Kinders moet daarvan bewus gemaak word dat ander honde nie altyd so verdraagsa­am soos hul eie hond gaan wees nie. • Ons leer kinders dat dit verkeerd is om mekaar se speelgoed te vat. Dit is net so verkeerd om ’n hond se kos of speelgoed af te neem. Kinders moet besef hulle moet hul honde se speelgoed uitlos. Met die korrekte gehoorsaam­heidsoplei­ding kan jy wel jou hond leer om speelgoed af te staan vir ’n beloning indien dit vir jou belangrik is. • Kinders het die manier om hul gesiggies tot reg teen ’n hond s’n te bring – iets wat die hond kan irriteer, veral as die dier geen benul het wat die kind volgende gaan doen nie. • So ongeskik as wat dit is om iemand se persoonlik­e ruimte te betree, net so moet jy ’n hond s’n respekteer en nooit te na aan hom beweeg of op of oor hom klim nie. • ’n Geskreeu kan op mense sowel as honde se senuwees werk. Kinders moet daarvan bewus gemaak word dat honde baie meer sensitief vir klank is en dat hulle harde geluide uiters stresvol vind.

Let wel Dogtown bied ’n skoolprogr­am genaamd Dog Stars aan, waar Gordon Banks, ’n dieregedra­gskenner, laerskoolk­inders leer hoe hulle teenoor honde moet optree – alles op ’n prettige en vermaaklik­e manier.

KONTAK 076 044 1979, dogtownsa.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa