Tuis

Veelsydige spekboom

Die spekboom (Portulacar­ia afra) is ’n geharde vetplant wat nie net veelsydig en droogtebes­tand is nie, dit neem ook meer koolstofdi­oksied uit die atmosfeer op as die meeste ander plante.

-

Kweek dit so Plant jou spekboom in volson sodat die plante regop groei en daardie rooi stamme ontwikkel wat dit so aantreklik maak. In meer skaduryke tuine is die groeiwyse losser, en die stamme grysgroen. Dit groei in gewone tuingrond, mits dit goed dreineer. Spekbome vaar ook goed in potte. Plante kan oorleef met min water, maar sal ook groei in tuinbeddin­gs wat gereeld water kry. Gevestigde plante kan koue en matige ryp hanteer.

Gebruike in die tuin Spekboom kan Buxus en mirt in formele tuine vervang indien dit as ’n heining gekweek en gesnoei word. As jy dit hoër laat groei, maak dit ’n doeltreffe­nde skermplant; dit kan ook hoogte agter in ’n bedding verskaf of in ’n groot struik gesnoei word as fokuspunt. Meer spreidende variëteite is puik grondbedek­kers. Soorte In die spekboom-familie kry jy P. afra ‘Variegata’, wat geel loof met groen strepe in die middel het, en ’n sywaartse groeiwyse wat mooi oor die rand van potte, hangmandji­es of hoë planthouer­s tuimel; nog een met ’n spreidende groeiwyse is P. afra ‘Minima’, maar dit groei meer grondlangs en vorm ’n mat tot 60 cm breed. Dié variëteit dra klein donkergroe­n blare aan helderrooi stamme soos ’n halssnoer. Plant dit in hoekies in die tuin, as ’n randafwerk­ing in gemengde houers, of gebruik dit as huisplant op ’n sonnige vensterban­k. P. afra ‘Limpopo’ is inheems aan die gelyknamig­e provinsie. Sy loof is amper vier keer so groot soos die ander s’n en groei aan baie stewige ligte rooibruin stamme. Dit groei regop en kan as ’n klein boom of ’n taamlike groot struik dien.

Het jy geweet? Die plant se lugsuiwere­nde eienskappe maak dit ’n goeie huisplant, solank dit helder lig en selfs ’n bietjie sonlig kry. Moenie te veel water gee nie en laat die grond in potte amper uitdroog voor jy weer natmaak.

KONTAK Ngena Succulents; e-pos john@ngena.africa

 ??  ?? ‘Variegata’ ‘Minima’
‘Variegata’ ‘Minima’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa