Tuis

Ludwig se rooshoekie

-

Jenny Argyle van Pretoria skryf My ‘Ann Wrighton’-rose vaar nie goed nie; moet ek die struike terugsnoei om nuwe groei aan te moedig?

Ludwig antwoord As jy ’n sukkelende roos terugsnoei of ekstra kunsmis toedien, gaan jy dit heel waarskynli­k doodmaak. Die mikpunt is om meer blare aan die struik te kry, want dit is wat die wortelstel­sel opbou. Die beste manier is om die punte van alle nuwe groei af te knyp. Dit vermeerder druk in die stam en moedig dormante ogies aan om uit te loop, asook die vorming van basale lote. Jy kan tot drie keer afknyp, maar as dit nie die gewenste uitwerking het nie, moet jy die struik uithaal en ’n nuwe een plant.

Joey Theron van Hermanus skryf Ek pluk graag my ‘Graaff-Reinet’-rose. Wanneer is die beste tyd om te pluk as ek wil hê dit moet lank in die vaas hou?

Ludwig antwoord Sorg dat jy altyd ’n emmer of beker water by jou het wanneer jy rose pluk en sit die afgesnyde roos dadelik daarin, maak nie saak watter tyd van die dag jy pluk nie. Jy kan dit daarna in ’n pot rangskik, maar ons verkies om dit oornag in diep water in ’n koel vertrek te laat staan sodat die stele en blare met water deurdrenk word. Die beste stadium om te pluk is wanneer die roos ’n derde oop is. Moenie knoppe pluk nie, want hulle maak nie maklik oop nie en is moeilik om vars te hou. Ook belangrik: Moenie al die blomme aan ’n roosboom op een slag pluk nie. Dit verminder die blaarmassa van die struik dramaties, wat groot druk op die wortels plaas; dis ’n groot terugslag vir die struik. Probeer om nie meer as die helfte van die blomme op ’n slag te pluk nie.

 ??  ?? ‘Graaff-Reinet’
‘Graaff-Reinet’
 ??  ?? ‘Anne Wrighton’
‘Anne Wrighton’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa